Johan Fourie is senior lektor in die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy PhD-verhandeling, onder leiding van Jan-Luiten van Zanden (Utrecht Universiteit) en Stan du Plessis (Universiteit Stellenbosch), ondersoek die vlak en oorsprong van die welvaart in die Kaapkolonie tydens die Nederlandse tydperk. Johan het reeds verskeie artikels oor die Kaapkolonie in internasionale joernale die lig laat sien, onder meer in European Review of Economic History, Cliometrica en Economic History of Developing Regions. Hy is die wenner van die American Economic History Association se Ken Sokoloff-beurs in 2011 vir belangrike bydraes op die gebied. Behalwe ekonomiese geskiedenis, doseer Johan ook internasionale handel en ontwikkelingsekonomie op beide nagraadse en voorgraadse vlak. Hy ontvang die Stellenbosse Rektorstoekenning in 2010 vir onderrig, en in 2011 vir navorsing.