Medewerker | Contributor

Michael le Cordeur
Bioskets | Biography
 

Dr Michael le Cordeur doseer Afrikaansonderwys aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Opvoedkunde. Voorheen was hy taalonderwyser, skoolhoof, kringbestuurder van Onderwys en dosent aan die Skiereilandse Universiteit van Tegnologie. Hy verwerf ’n doktorsgraad (PhD) aan die Universiteit van Stellenbosch, en het ook grade en kwalifikasies aan die Universiteit van Wes-Kaapland, UNISA en die Nagraadse Bestuurskool van Stellenbosch verwerf.  Sy navorsing handel oor moedertaalonderrig en die verbetering van leerders se lees- en skryfvermoë met behulp van die media en inligtingstegnologie. Hy lewer gereeld referate hier en oorsee en is die skrywer van verskeie taalhandboeke en akademiese artikels. Dr Le Cordeur dien in verskeie gemeenskapsorganisasies waaronder voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, Voorsitter van die Breytenbach Sentrum, onder-voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, én die Media24 Rachel’s Angels bemagtigingsprojek.  Hy neem aktief deel aan die openbare debat oor taal en die onderwys met gereelde artikels en menings in die media en hanteer sy eie rubriek op LitNet. Dr Le Cordeur is in 2008 deur die Suid-Afrikaanse Akademie bekroon met die Elisabeth Steijn-medalje vir sy bydrae tot onderwys, en in 1997 met ’n premierstoekenning vir sy bydrae tot gemeenskapsontwikkeling.


 


Opgedateer/Updated: 2010-11-17


Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za

Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za



LitNet