Medewerker | Contributor

Jeanette Ferreira
Bioskets | Biography
 

Jeanette Ferreira voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoër Landbouskool Merensky en verwerf later die grade BA Honneurs en MA aan die Universiteit van Pretoria en 'n PhD aan Rhodes-Universiteit.

Vanaf 1977 tot 1983 doseer sy Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van die Noorde. Hierna was sy vir drie jaar as uitgewer by Perskor werksaam. Vanaf 1986 tot 1992 doseer sy Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Zoeloeland, waar sy as professor aangestel is. In 1995 en 1996 dien sy ook as professor aan die Universiteit van Vista. In 1988 en 1989 was sy voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde. In 1989 was sy 'n lid van die Suid-Afrikaanse afvaardiging van kulturele verteenwoordigers wat die ANC in die buiteland onder beskerming van Idasa ontmoet het.

Sy publiseer 12 boeke in verskillende genres. Haar prosa strek van populêre liefdesverhale tot verwikkelder werk wat aan universiteite voorgeskryf is. Haar vroeëre werk het 'n sterk politieke inslag en sentreer om die demokratiseringsproses in Suid-Afrika, maar haar latere werke konsentreer op die groter menslike vraagstuk van oorlog. Haar verwikkelder werk strek vanaf wetenskapsfiksie met die paleontologie as agtergrond tot resente oorlogsituasies. 'n Literatuur wat vir die breër gemeenskap toeganklik is, is haar ideaal.

 

Opgedateer/Updated: 2006-11-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za