Medewerker | Contributor

Elize Koch
Bioskets | Biography
 
Elize Koch is 'n navorsingsielkundige wat tans onafhanklik werk. Sy is 'n navorsingsgenoot in toegepaste taalstudies by die NMMU en buitengewone medeprofessor in sielkunde by UWK. Sy het vanaf 2008 tot einde 2011 klas gegee by UWK, waar sy die programkoördineerder vir die navorsingsmeestersgraad (Sielkunde) was. Volgens haar was dit die tyd in haar lewe waarin sy die meeste ooit geleer het. Sy het hier bedank om meer op haar navorsingsbelangstellings te fokus en om 'n daadwerklike bydrae tot leer en onderrig in Suid-Afrika te kan lewer. Sy was vanaf ongeveer 1998 tot 2006 die navorsingskoördineerder van die toelatingstoetse by NMMU. In hierdie tyd het sy haar doktorsgraad oor sydigheid in eentalige toelatingstoetse behaal. Sy is ook al nege jaar lank betrokke by 'n projek om uit te werk wat tweetalige moedertaalgebaseerde onderwys in die praktyk behels (Engels en Xhosa). Tans doen sy werk vir die Nelson Mandela Instituut by UFH, en werk verder aan haar eie navorsing oor tweetalige toetsing en tweetalige geletterdheid. Sy doen ook tans kursusse oor die onderrig van lees van veral jong kinders, en is betrokke by projekte oor dwelmmisbruik in werkersklasgemeenskappe.