Medewerker | Contributor

Roeline Daneel
Bioskets | Biography
 
Roeline slaag beide haar dramagraad en honneursgraad in toneelspel cum
laude aan die Universiteit Stellenbosch. In haar honneursjaar word sy
as die beste toneelspelstudent aangewys.Hierna volg 'n honneursgraad
in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch wat sy ook cum
laude slaag. Roeline werk vir sowat 'n jaar agter die kameras by 'n
TV-joernaalprogram voor sy haar voltyds op akteurswerk toespits.
Verhooghoogtepunte sluit in Lawwe Geluide, Blou Uur, Die Ryk Weduwee,
Die Proponentjie, Mooi Maria en N is vir Neurose. Sy was te sien in
die Cannes-bekroonde film, Skoonheid. Haar televisiewerk sluit in Oupa
en Ouma sit op die stoep en kameerolle in Boland Moorde, Vallei van Sluiers en
Vloeksteen. Roeline is ook 'n gereelde speler in RSG
radiovervolgverhale en -dramas.