Medewerker | Contributor

Maryke van Velden
Bioskets | Biography
 
Ek is ‘n 26-jarige Kapenaar wat daarvan hou om te teken.



Vir die grootste gedeelte van my kinderjare het ek in die buiteland grootgeword, waar ek my laerskoolonderrig by ‘n internasionale privaatskool voltooi het. My hoërskooljare het ek by Potchefstoom Gimnasium deurgebring en is daarna vir ‘n jaar Amsterdam toe om te werk. In 2005 het ek aan die Universiteit Stellenbosch visuele kuns begin studeer en daarna (2009) vir ‘n MPhil in illustrasie by dieselfde instansie ingeskryf. As ‘n pas-afgestudeerde beplan ek tans om weer die vreemde aan te durf en sal waarskynlik vanaf die tweede helfte van die jaar in die Ooste gaan skoolhou.



Ander belangstellings van my sluit in kosmaak (en -eet!), skubaduik, tuinmaak en lees.


LitNet