Medewerker | Contributor

Rika Vermeulen
Bioskets | Biography
 
Rika Vermeulen is 'n pianis, begeleier en vervaardiger in die teaterbedryf sedert 1986 nadat sy haar studies in klassieke musiek voltooi het. Sy was klaspianis by die Staatsteater Dansgeselskappe en was in dié tyd Nataniël se eerste begeleier totdat sy na vier jaar deur Rocco de Villiers opgevolg is. Rika het vele ander bekendes in die bedryf al begelei en in produksies opgetree. Ná 'n 6 jaar hiatus uit die bedryf het Rika Wes-Kaap toe verhuis en weer die bedryf betree waar haar werksaamhede meestal op Stellenbosch en in Kaapstad is. Sy is gereeld te sien op die verhoë van die groter Wes-Kaap en is nou woonagtig op Stellenbosch.

LitNet