Medewerker | Contributor

Estelle Alma Maré
Bioskets | Biography
 
Estelle Alma Maré het doktorsgrade in letterkunde, argitektuur en kunsgeskiedenis en ’n meestersgraad in stads- en streeksbeplanning verwerf. Sy praktiseer van 1975 tot 1980 as argitek, waarna sy as dosent in die Departement Kunsgeskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) aangestel word. As akademikus publiseer sy wyd in die dissiplines van kuns- en argitektuurgeskiedenis, estetika, kartografie, visuele kultuur en letterkunde. Sy tree op as redakteur van verskeie boeke, versamelbundels en geakkrediteerde tydskrifte en is tans redakteur van SA Journal of Art History. Sy het al etlike toekennings van Unisa en die NRF ontvang; die belangrikste hiervan was ’n beurs van die Onassis Foundation for Hellenic Studies in 2001. In 2002 is daar ’n uitruilbeurs van die Franse Nasionale Navorsingsinstituut aan haar toegeken en in 2003 het sy die Stalsprys vir Kunsgeskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Sy is tans ’n navorsingsgenoot aan Tshwane Universiteit van Tegnologie.


LitNet