Medewerker | Contributor

Koos Malan
Bioskets | Biography
 

Koos Malan is professor in publiekreg aan die Universiteit van Pretoria en doseer onder meer staatsreg en menseregte. Malan lê hom toe op, en publiseer oor, ’n aantal gebiede in die teoretiese staatsreg, soos die kwessie van soewereiniteit, konstitusionele verandering en demokrasie, asook minderheidskwessies en taalregte. ’n Akademiese monografie getiteld Politokrasie: ’n peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop uit Malan se pen is in 2011 deur die Regspers van die Universiteit van Pretoria gepubliseer. Koos Malan het eers ’n honneursgraad in staatsleer en internasionale politiek aan die Universiteit van Pretoria behaal en daarna die grade BIuris en LLB aan UNISA, waarna hy ook by UNISA gepromoveer het. Malan was vroeër ’n staatsaanklaer en landdros en was ook as senior dosent betrokke aan Justisie Kollege, die opleidingsarm van die departement van justisie. Hy is ’n stigterslid van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA), was die eerste voorsitter van die vereniging, en dien steeds in die bestuur daarvan. Hy is ook die skrywer van ’n aantal populêre artikels oor grondwetlik-verwante aangeleenthede in die openbare media soos Business Day, Beeld, Rapport en verskeie internet-publikasies.



LitNet