Medewerker | Contributor

Annari van der Merwe
Bioskets | Biography
 
Annari van der Merwe het haar uitgewersloopbaan in 1978 by Tafelberg-Uitgewers begin as hoof van die kinder- en jeugboekafdeling, en in 2008 afgesluit as uitgewershoof van Random House in Suid-Afrika, waar haar hooftaak die opbou was van die druknaam Umuzi, wat in Julie 2005 geskep is. Haar uittrede het saamgeval met die samevoeging van die plaaslike Random House en Struik New Holland Publishers tot Random House Struik. By Tafelberg was Annari later as skakelredakteur onder meer verantwoordelik vir dié uitgewery se reklame en buitelandse regte. Sy het in diens van die Nasionale Pers-groep gebly toe sy in 1994 aangestel is as hoof van die pas gestigte Kwela Boeke. Sy het die pos tien jaar lank beklee.

LitNet