Medewerker | Contributor

Mellet Moll
Bioskets | Biography
 
Mellet Moll is 'n facebookdigter en ook die Hoofredakteur van die gewilde facebook-digkunsgroep Carpe Noctem wat hy in 2011 tot stand gebring het uit frustrasie met die bestaande digkunsgroepe op facebook asook die toe deure wat die woordwereld op daardie stadium vir hom gehad het. Met verloop raak hy een van die gewildste digters op die kuberruim asook 'n spreekbuis vir die groot groep gemarginaliseerde digters wat hulleself die afgelope aantal jare tot facebook gewend het.