Van skoolgaan kan jy Jasper van Zyl niks vertel nie: hy is immers deur 12 jaar daarvan! Met sy geboorte laat November 1987 het hy nooit gedink dat hy so iets sou moes deurmaak nie. Hy is by die Hoërskool Hermanus gespot, beskinder, verneder, verhef, geïdoliseer, gehaat, liefgehad. Hy het Meetkunde gedruip en Geskiedenis ge-ace; hy het Rekenaarstudie gehaat en vir pouses geleef. Hy het met onnies vasgesit en partytjie gehou met mense wat hulself vriende noem. Kortom: hy ken jou kak!
Jasper is 'n kranige dog oninspirerende krieketspeler en het gemengde sukses beleef met sy gedigte wat hy laataande sit en uitdroom. Met “Om Eerlik Te Wees …” waag Jasper vir die eerste keer sy hand aan rubriekskryf.
Opgedateer/Updated: 2010-02-05
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za