Carel van Wyk het die grade BSocSc (Suiwer), Hons. BSocSc (Sielkunde) en MA (Sosiale Wetenskappe) verwerf. Hy is ’n geregistreerde maatskaplike werker by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe en ’n geregistreerde psigometris by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika. Hy beplan om sy PhD-studie in maatskaplike werk oor die moontlike voorkoms van sinchronisiteit in perdgerugsteunde psigoterapie vanuit die Jungiaanse paradigma te doen.
Carel was vir twaalf jaar werksaam by die Kinderleidingkliniek in Welkom. Kinders tot en met graad 12 met enige psigososiale uitdagings, soos byvoorbeeld alle vorme van mishandeling, egskeiding in die gesin, skolastiese uitdagings en gedragsprobleme, is terapeuties deur hom gehanteer. Hy het dikwels forensiese assesserings gedoen en het ook as deskundige getuie in streekhowe getuig. Hy het ontwikkelingsielkunde op honneursvlak in die Departement Sielkunde aan Vista Universiteit, Welkom-kampus, deeltyds aangebied. Hy is sedert 2006 as lektor by die Departement Maatskaplike Werk aan die Universiteit van die Vrystaat werksaam. Hy doseer op voor- en nagraadse vlak vakke soos maatskaplike werk met die kind, maatskaplike werk met gesinne, gevorderde kliniese gevallewerk en forensiese maatskaplike werk.
Opgedateer/Updated: 2011-11-22
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za