Medewerker | Contributor

Suzette Kotzé-Myburgh
Bioskets | Biography
 

Suzette Kotzé-Myburgh is ’n gebore Namakwalander en het gematrikuleer aan die Hoërskool Nuwerus (anderkant Vanrhynsdorp neffens die N7). Sy het ’n BA-graad en ’n honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch behaal. In 1990 het sy by Nasionale Pers begin werk, eers by Delos-Uitgewers en later by Tafelberg-Uitgewers. Sedert 1998 werk sy vryskut, hoofsaaklik as uitgewersredakteur. Naas lees is fliek haar groot liefde, want dis ’n storie net in ’n ander vorm. Die eerste fliek wat sy kan onthou, is Aanslag op Kariba in die middel-1970’s, gesien in Nuwerus se skoolsaaltjie op ’n rukkerige projektor wat dikwels gebreek het. Rod Alexander was die held.

Sedert November 2012 is sy filmresensent (saam met Danie Marais) op Dagbreek, kykNET se ontbytprogram.

Opgedateer/Updated: 2013-06-24
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio info outdated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za