Martina Viljoen is ’n medeprofessor in musikologie in die Departement Musiek, Universiteit van die Vrystaat, en ook die programdirekteur van hierdie departement. Sy gradueer met ’n interdissiplinêre doktoraat wat die velde van musikologie, filosofie en studies in visuele kultuur kombineer. Sy publiseer plaaslik en internasionaal oor himnologiese en musikologiese temas, asook oor musiekestetiese onderwerpe, en was die gasredakteur van ’n spesiale uitgawe van die International Review of the Aesthetics and Sociology of Music (Junie 2005). Meer onlangs neem sy deel aan ’n internasionale projek oor Suid-Afrikaanse kwaito-musiek, en was sy die projekleier van ’n NNS-fokusarea-projek getiteld South African Music as a Pluralistic Construct: Perspectives on Teaching, Performance and Research.
Opgedateer/Updated: 2011-08-03
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za