Medewerker | Contributor

Jan van Vuuren
Bioskets | Biography
 

Jan van Vuuren (gebore 1969) is professor en hoof van Operasionele Navorsing in die Departement Logistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het die grade BSc (Wiskunde & Toegepaste Wiskunde), Honneurs BSc (Toegepaste Wiskunde) en MSc (Toegepaste Wiskunde) in onderskeidelik 1989, 1990 en 1992 aan die Universiteit Stellenbosch behaal – almal met lof. Verder het hy in 1995 ’n doktorsgraad in Wiskunde aan die Universiteit van Oxford in die Verenigde Koninkryk behaal. Hy is sedert 1996 as personeellid aan die Universiteit Stellenbosch verbonde, tydens die periodes 1996, 1997–2002 en 2003–2007 as onderskeidelik tydelike dosent, senior lektor en medeprofessor by die destydse Departement Toegepaste Wiskunde (nou ’n afdeling van die Departement Wiskundige Wetenskappe) en sedert Junie 2007 as professor by die Departement Logistiek. Sy navorsingsbelangstellings lê in grafiekteorie, kombinatoriese optimering en wiskundige modellering met die oog op besluitsteun.


 


Opgedateer/Updated: 2010-10-04


Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 

Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za



LitNet