Nini Bennett is in 1972 in Pretoria gebore. Sy behaal ’n MA in Skeppende Skryfkuns met lof aan die Universiteit van Kaapstad. In 2002 verskyn haar verhandeling as ’n bundel kortverhale, getiteld Stoornis, en in 2003 ontvang sy die Mardene Marais-prys vir die beste debuutbundel in Afrikaans (die prys staan tans bekend as die UJ-prys vir beste skeppende debuutwerk in Afrikaans). In 2008 wen sy die Room to Read-kompetisie in die afdeling Afrikaans met Die storie van Vusi se orkes. Laasgenoemde is in al die amptelike landstale vertaal. Van haar kortverhale is in Afrikaanse kortverhaalbundels opgeneem. Sy is tans besig met doktorale studie aan die Universiteit van Suid-Afrika en werk as vryskutskrywer, ‑taalversorger en ‑redigeerder.
Opgedateer/Updated: 2010-11-04
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za