Zuma

  • 0

Die mense is erg onthuts oor Zuma se uitsprake ten opsigte van die 'dekolonialisering', soos Mac dit noem, van sy mense. Ek is nie; ek kan Zuma se punt duidelik sien: Hy is behoudend, hy haat dit dat sy mense ander kulture na-aap ten koste van hulle eie.

Ek voel presies dieselfde; ek wil die horre (horries is eufemisties in hierdie geval) kry as Afrikaanssprekendes, veral omroepers, Engelse sintaks en/of anglisismes gebruik soos 'inlê' in plaas van 'laat slaap', of 'doen' gebruik soos die Engelse "do" gebruik. Daar was selfs 'n omroeper wat nie geweet het 'braaf' en 'dapper' het verskillende betekenisse nie. Die ergste is wanneer Afrikaanse mense die Engelse 'r' namaak as hulle Engelse woorde uitspreek en die gruwel van alle gruwels is wanneer hulle dit doen met Franse of Italiaanse woorde.

Ek kan Zuma se irritasie verstaan.

Jan Rap

NS Toevallig, dis nou die 'uur van slegs Afrikaanse musiek' op die radio en die faiwy tale lifestyle speel juis nou, die ou wat sing van sy beach house wat maybe te ver van die see af is en sy klein flat scween en maybe is sy porsche te stadig en baby ah've got nooze for you. Dis om van te kots. Wie de %$# keur sulke #@# goed vir die speellys?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top