YouTube-onderhoud: Susan Meyer

  • 0

Susan Meyer praat oor literêre manifesteringswyses van die natuur in Voetpad na Vergelegen van Chris Barnard en Verbrande Paradys van Hans du Plessis. Barnard se omgewing is dié uit 'n vroeëre tyd, in Du Plessis s'n is die omgewing modern. Maar als slaan op die Afrikaanse plaasroman, waar grond algemene besit is. Ander tekste word ook betrek - werke van Eben Venter en Marlene van Niekerk, met grond as ideologiese materiaal, waar komplekse menseverhouding en samelewingsverval ter sprake is. In die onderhoud word stilgestaan by Afrika-ekokritiek. 'n Ander dimensie van plaasromans word deur hierdie akademiese artikel uitgelig.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top