US Woordfees 2015 se sestien onse

  • 0

 

Die sestiende jaarlikse Woordfees, aangebied deur die Universiteit Stellenbosch, het "sestien onse" as die jaar se feestema gekies.

Volgens Saartjie Botha, bestuurder van US Woordfees 2015, dui die tema nie net op die fees se ouderdom nie, maar is sestien onse ook ’n verwysing na die inklusiewe en diverse aard van die US Woordfees. Identiteit word bepaal deur baie verskillende faktore en mense is lankal nie meer geneë om as eendimensioneel geklassifiseer te word nie.

“Sestien onse verwys ook na die verglydende en veranderende aard van identiteit en is daarom ’n weerspieëling van die US Woordfees se inklusiewe karakter.”

Die fees word van 6–15 Maart 2015 by verskillende lokale regoor Stellenbosch gehou. Die program word op 8 Desember 2014 bekend gestel en kaartjieverkope open op 9 Desember by Computicket.

Hou dié webwerf dop vir nog inligting wat bygevoeg sal word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top