SêNet-briewe | Letters

 
Wit separatisme wêreldwyd?

Ek dink die SA-media kan gerus ophou om wit Afrikaanssprekendes as enigste wit separatiste in die wêreld voor te hou. Die hele eu en vsa is deurspek van hierdie organisasies en is glad nie pro-etniese amalgamasie nie! Selfs hier op LitNet word wêreld as geduldig voorgehou vir voortdurende etniese amalgamasie, sonder voorbehoud. Die vigilantes van wêreld, selfs in Japan en China, dryf gewelddadige organisasies vir behoud van eie tradisies en om etniese amalgamasie te stop!

SA wit separatiste se motivering is in Art 31 en Art235 van Wet108/1996 gevestig! Die internasionale 'verregse' neo nazi's het geen grondwetlike fondasie in hul lande vir hul radikale filosofieë nie!

My ligtelike navorsing op internet, wys dat groot wanpersepsies oor grondwetlik gefundeerde wit separatiste in SA is. Bv Orania is gefundeer binne kultuur van grondwet, maar met apartheid binne demokratiese raamwerk en geïntegreer in wetlike bestel van SA!!! Nêrens, selfs nie in VSA, mag 'n etniese groep soos bv Francis Williams uit Riemvasmaak, 'n strewe na selfbeskikking wetlik hê nie!

SA het dalk wel verregse groepe, maar dis nie aan net 1 etnisiteit nl wit gekoppel nie! Die Ivp het 'n veldtog van suiwer etnosentrisme wat hul tot in Inkhandla dryf. Pres Zuma het nie diereregte aangeval met sy verwysing na gejelde hare en dan met brak stap! Dit was gemik teen onwettig gedrewe, verregse soomlose etniese amalgamasie, wat misdaad teen mensdom is! Tans is separatisme wetlike werklikheid vir swart, bruin en mindere mate wit! So, is grondwet in wese 'verregs' met art31 en 235??? Moenie 'n moedswillige dom albatros etiket om my nek hang, as jy nie jou grondwet lees of wet vir tradisionele leiers nie.

Hans

Ns wat van Bloed, Bodem, Eer en Trouw?

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address