Webseminaar: Is die NG Kerk vroom of regsinnig?

  • 1

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


 

  • 1

Kommentaar

  • Hannes Deetlefs

    Geagte Dames en Here, die probleem met enige kerk is die eenvoudige feit dat 'n kerk, 'n geloof jou emosioneel aanspreek (of al dan nie). Dit is dus futiel om daaroor te redeneer, al is dit ook hoe wetenskaplik. Probeer met twee verliefdes daaroor te redeneer dat dit tussen hulle nie sal, nie kan positief uitwerk nie!

    Die groot probleem wat die NG Kerk as Calvinistieses kerk het is juis hierdie wetenskaplike, hierdie onemosienele benadering van Godsdiens: Calvyn het in Geneve self die speel van kaarte of dans as sonde beskou. En die wêreld reageer anders. Dit wil dans en sing en pret hê by 'n godsdiens, ja, selfs by 'n begrafnis. En, hoe "verkeerd" die geloof kan wees, kan mens aan die figuur Christus sien: Hy het die dronklappe wat al die wyn op daardie huwelik in Kanaan opgedrink het nie oor die kole gehaal nie, maar liewer die fees laat aangaan en daarvoor water in wyn verander. Ek wil nie weet wat die media vandag daaroor sou te sê hê nie. En dan, hy het met die handelaars in die "Huis van God" nie eers mooi gesels en met hulle geargumenteer nie, maar hy het hulle toornig verdryf. Vandag sou ons so 'n man voor die hof daag, want die handelaars het 'n reg gehad om daar hul ware te verkwansel.

    Soveel vir die vroomheid of regsinnigheid van alle kerke, maar, en veral van die Calvinistieses kerk! Goethe het sy Faust laat sê: Die boodskap hoor ek wel, maar, ek kan die boodskap nie verstaan as ek nie daaraan glo nie. En, Jesus het getroos: "As ons nie soos kinders glo nie ..." En dan daardie Korinte 13! Ag, hoe elendiglik onwetenskaplik, ag, hoe nou, ag hoe regsinnig! Ergerlik, voorwaar, vir vele.  

    Groete!

    Hannes Deetlefs
    Harmonieweg 49601, Lütisburg-Station, Schweiz / Switzerland

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top