Onderhoude | Interviews

 
WAT? Borg 'n woord!

Wêreldwye Woordeboekmaand is amper verby. Naomi Meyer het vir Willem Botha oor hierdie bewustheidsmaand gevra.

Willem, dis Woordeboekmaand. Wêreldwyd. Wat beteken dit op praktiese vlak?

Ons probeer mense bewus maak van watter wonderlike woordeboeke daar beskikbaar is – verskillende woordeboeke vir mense se verskillende behoeftes. Van mense wat ’n taal wil aanleer tot mense wat op soek is na baie spesifieke rekenaarterme. Jy moet net die regte woordeboek vir jou behoefte vind. Elektroniese woordeboeke kan binne ’n oogwink verstommende soektogte uitvoer.

Jy sê dat “Borg ‘n Woord” een van die lewenslyne is waarsonder julle nie meer kan nie. Is daar in hierdie knap ekonomiese tye iets anders wat mense kan doen as hulle nie R5 000 vir een woord het nie? Wat kan mense vir die WAT doen?

Jy kan ook ’n woord vir R100 borg en dalk R25 000 in die prystrekking wen. En jy kry ’n sertifikaat met jou naam en woord of woorde daarop. Streektaalwoorde en -uitdrukkings kan gerus aan ons gestuur word. Dit is vir ons net so belangrik soos Standaardafrikaans.

Vanjaar is die beskermvrou van die projek Marita van der Vyver: Hoe bepaal julle wie elke jaar die beskermheer of beskermvrou van die projek is?

Dit moet iemand met ’n hoë profiel wees vir wie Afrikaans belangrik is en wat reeds ’n vriend van die WAT is. Sulke mense kom op merkwaardige wyses oor ons pad.

 

Borg ’n woord teen R100 per woord
Teen R5 000 per woord behoort daardie woord net aan jou

  • Jy ontvang ’n sertifikaat met jou naam en die woord of woorde wat jy borg
  • Jy kom in aanmerking vir die prystrekking vir ’n Absa-belegging van R25 000
  • Hoe meer woorde jy borg, hoe groter is jou kans om te wen

Stuur ’n tjek of bewys van direkte inbetaling met Borg ’n Woord en jou naam as verwysing saam met jou woord of woorde, (e-pos)adres en telefoonnommer na
WAT Trust, Posbus 245, Stellenbosch of wat@sun.ac.za, of faks dit na 021 8839492.
Klik hier om per kredietkaart te betaal of ’n direkte inbetaling te maak

Bankbesonderhede:
WAT Trust, ABSA Bank,
rekno. 4078244585,
takkode 632005


Sluitingsdatum: 28 Februarie 2013
Prystrekking: 8 Maart 2013

Lees hoe Marita van der Vyver woorde help borg.

Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
Kato Heyns
2013-05-17 @08:35
Alhoewel ek dit nie kan bekostig om meer as een  woord vir R100 te borg nie, wil ek graag verneem die woorde "flussies" en "snoesig" al geborg is. Indien nie, versoek ek dat die inligting asb aan my verskaf word. Dankie
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address