Warm en Alleen, als gaan nie oor 24/7-seks nie
Hi Warm en Alleen
Nee man – waar is jy alleen? Jy het ’n pragtig, goedversorgde, bekwame vrou aan jou sy. Wil jy haar verruil vir ’n floskoppie wie eintlik jou as ’n beursie gaan sien en gebruik?
Jy kan tog nie 24/7 seks wil hê nie ... dis werklik nie die enigste doel van ’n verhouding nie. Soos mens ouer word neem die oerdrange maar af en dan word ander gedeelde dinge mos belangriker. Om op hierdie stadium van jou lewe weer die dating game te betree is nie pret nie.
As ek so lees, dink ek jou vrou moet net haar hormone laat toets – menopause is ongelukkig ’n realiteit en dit het ’n effek op baie aspekte van ’n vrou se liggaam ... dis dalk al wat nodig is om die passie te herstel. Bespreek dit met haar.
Groete,
My Denke