SêNet-briewe | Letters

 
Waarhede en leuens oor meme

So ’n ruk terug het my buurman se slim seuntjie my kom vra om hom te help met iets wat hy nie verstaan nie. Om hom aan die gesels te kry, vra ek hom toe uit oor sy onderwysers, en of hy van skool hou. Skielik trek hy sy mond op ’n plooi voordat hy antwoord. Die trek is vir my bekend, want dis presies hoe sy pa sy mond trek voordat hy praat. Nee, hy het dit nie oorgeërf nie: hy is ’n aangenome kind. Hy het dit aangeleer deur sy stiefpa onbewustelik na te boots. Dis presies hoe ’n meem werk.

Laat ek nog ’n voorbeeld gee. Toe ek op skool was, het my oupa my geleer hoe om ’n stuk lyn met die vingers te vleg, en wanneer die twee wysvingers en twee duime oopmaak, vorm dit ’n hek. Gewapen met ’n stuk lyn is ek die volgende dag skool toe. Daar het ek my maats geleer hoe om ’n hek te vleg. Dit was nie ’n week nie, toe vleg almal hekke. Die hekvlegtery het soos ’n epidemie versprei, en orals het almal met mekaar gekompeteer oor wie dit die vinnigste kon doen. (Dit was die dae toe kinders nog nie selfone gehad het nie.)

Die woord ‘meme’ is ongeveer 1976 gemunt, en ek meen die skepper daarvan was Richard Dawkins, maar ek mag verkeerd wees.  (Miskien moet ek weer sy Selfish Gene onderhande kry.) Daarna is dit deur die Oxford English Dictionary opgeneem. Hier moet ek darem byvoeg: die samestellers van hierdie woordeboek handhaaf uiters streng kriteria, veral as dit by die opneem van nuutskeppinge kom. Die woord moet deur sprekers en skrywers gebruik word sonder die hulp van verduideliking of definisie. In die OED lyk dit so:

meme An element of a culture that may be considered to be passed on by non-genetic means, esp. imitation.

Dis al wat ’n meem is, en die sleutelwoord is nabootsing. Dis ’n nuutskepping na analogie van geen (Engels Gene). Die vermoë om te kan naboots onderskei die mens van die dier. My Rottweiler het geen verbeelding nie, anders sou hy al ’n Hondebybel geskryf het met ’n Groothond as sy god, en hy kan ook nie naboots nie. Hy groet almal nou wel met die poot, maar hy het dit beslis nie geleer deur te kyk hoe ek my vriende groet nie.

Nabootsing is hoe ’n kind leer om ’n bepaalde taal te praat eerder as ’n vreemde taal. Dit is waarom mense praat soos hulle ouers praat, eerder as soos ander ouers. Dis waarom  iemand geografies geplaas kan word na aanleiding van sy aksent, en dis waarom daar so baie verskillende tale in die wêreld is. Dis ook waarom daar so baie religieë is wat hou by volks- en familiepatrone, eerder as om elke keer iets nuuts te ontwerp.

Meme beweeg vertikaal, van geslag tot geslag soos bv met ’n religie, maar dan kan dit ook sywaarts, horisontaal beweeg, en dan kan dit met ’n epidemie vergelyk word, soos die hekvlegtery hierbo.

In sy skryfsel, verdraai Kobus nie net die waarheid nie, hy stel ook sy onkunde ten toon.  Hy meen dat as hy ’n meem ’n “kamstige selfpropagerende idee” noem, dan het hy die ding besweer. Miskien moet hy die HAT nadertrek en kyk wat ’n idee is. Dan sal hy besef dat dit eintlik die Christelike religie is wat as ’n selfpropagerende idee beskryf kan word.  

Angus


Comments 3 Reaksies | 3 Comments
Delete Comment
avatar
Brianvds
2012-11-19 @19:47

Angus: 

Jy weet dit waarskynlik reeds, maar daar is wel diere wat kan naboots, vernaam ons naaste verwante in die diereryk, en onder hulle versprei meme ook.

Delete Comment
avatar
Chris Dippenaar
2012-11-20 @10:54

Hello Angus

Ek dink die volgende skakel goed in by jou verduideliking van die meem. Ek is oortuig daarvan dat Richard Dawkins se konsep van die meem die inspirasie, of ten minste gedeeltelik, was vir ’n nuwe benadering tot die ondersoek van geloof in antropologie. ’n Opstel van David Eller (The Cultures of Christianities) in 'The Christian Delusion' van John Loftus neem die meem ’n stap verder en sien geloof as so ’n integrale deel van elke aspek van ’n kultuur dat dit moeilik is om dit te onderskei as ’n losstaande element daarvan. ’n Kultuur word selde bevraagteken deur deelnemers van binne die kultuur self, en word gewoonlik eenvoudig oorgedra na die volgende geslag. Op hierdie manier kry geloof sy 'free ride' elke keer. Nie soseer ’n meem wat as enkele aspek van kultuur oorgedra word nie, maar eerder kultuur as ’n geheel. Volgens Eller is kennis van die werking van geloof as kulturele verskynsel in verskeie gelowe/kulture die sleutel tot die breek van die houvas van geloof in ’n spesifieke kultuur. Dit is maklik om die mensgemaaktheid (en tekortkominge) van geloof raak te sien in ander kulture, en wanneer hierdie nuwe manier van kyk na kultuur terug gedraai word op jou eie, kan daar net een gevolgtrekking wees.

Ek hou gewoonlik nie daarvan om vreeslike lang aanhalings te gee nie, maar die slotsom van Eller se argument oortuig jou (en hopelik ook Christene wat nie net die trop wil volg nie ook) dalk om hierdie versameling opstelle aan te skaf. Ek is seker jy sal dit geniet:

"Like a pair of glasses, humans see with culture, but they do not usually see culture. Computers do not know they are running a program; they simply follow the instructions. Seeing your glasses, recognizing your program, is a rare thing, achieved by few individuals in even fewer societies. It demands a certain amount of "freedom," a certain amount of distance from oneself. It is also probably not an entirely desirable or beneficial ability: taken-for-grantedness is adaptive in a strong sense. The very opaqueness and "obviousness"... of the human world spares us from having to remake the same conclusions and judgments over and over; as some anthropologists and sociologists have emphasized, culture provides us with a set of "frames" or "scenarios" with familiar and predictable patterns and outcomes. These frames or scenarios get the average person through the average life with little uncertainty and little remainder, but only so long as the conditions in which they were forged persist.

"Some atheists and other critics of religion like to use the analogy of a crutch for religion-that it is something that the weak use to get them through otherwise difficult situations. The implication is that, if they were stronger (like us) they could dispense with the crutch and walk independent and free. [But] you cannot pull a crutch froin underneath a cripple and expect him or her to walk. Rather, they will fall and then probably blame you for the accident. The real point is more profound but perhaps more discouraging: religion for the religious person is like culture for the cultural person-it is glasses, not crutches. And these glasses are not prophylactic-they do not help the person to see "better." They make seeing at all possible. Maybe an ultimate analogy for culture in general and religion in particular is not glasses but the very eyes themselves. You could not expect to pull someone's eyes out and have them see better, any more than you could expect to take away someone's culture and have them understand and act better

"Religions like Christianity-or rather, their specific local versions-are not so much "belief systems" as, like the missiologists said, worldviews and embodied realities. Each is opaque and foreign to the nonmembers, and each is largely invisible to itself. Hiebert explains that "so long as we live in our own culture, we are largely unaware of it. When we enter new cultures, however, we become keenly aware of the fact that other people live differently.... [W]e learn that there are profound differences in beliefs, feelings and values. Finally, we begin to realize that there are fundamental differences in worldviews. People in different cultures do not live in the same world with different labels attached to it, but in radically different worlds." With the information presented in this chapter, and in this book, it is impossible for Christians to remain unaware of their own religion or of the differences between religions. The hope, and the obligation, is that once people recognize the diversity, plasticity, and relativity of religion, they will see little merit in it: that which is no longer taken for granted is often not taken at all" (p. 48-49).

Soos Judas is Kobus besig om op te blaas van oneerlikheid en onkunde. Ons weet almal wat gebeur het met Judas.

Chris

Delete Comment
avatar
Angus
2012-11-21 @09:33

Chris,

Dankie vir die aanhaling. Dit trek die meem-geen analogie verder deur.  Net soos gene in groepe saamwerk so ook meme. Hier sukkel ek bietjie met  terminolgie in Afrikaans. Dawkins  se nuutskeppinge is in Engels. 

Hy praat van "coadapted meme complexes' verkort tot "memeplexes".  Hoe vertaal ’n mens "memeplex"? Ek dink dit moet netso behou word. Dis ’n heel handige woord om te hê vir ’n belangrike konsep.

Groete

Angus

   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address