SêNet-briewe | Letters

 
Vryheid van keuse vs soomlose amalgamadie?
In soomloosheid verwagtinge, is daar weereens geen vryheid van keuse nie! Vir my is die punt in dit, 'you can't right a wrong, with another' baie waar.

Vryheid van assosiasie is tog opgesluit in ou gesegde van 'soort soek soort'. As jy gefikseer het op bv swart prostitute, het dit alles te doen met jou seksuele obsessies, voorkeur en onvermoë om in 'n verhouding te funksioneer, g'n openbare gesag oor etniese amalgamasie nie! Hier op LitNet het geleerde mense en sg skrywers my al teleurgestel met hul emosionele onvolwasse onnosel redenasies!

Bv Sa het net 1 grondwetlike kultuurraamwerk waarin al die uiteenlopende tradisies en gebruike moet inpas, dis 'n feit. Die tipe redenasies dat elke etniese groep in Sa eie kultuur het, is verregaande 'ignorant' en blatant krimineel! Art36 van grondwet beperk tradisies en gebruike om binne die kultuur van universele regte in te pas! Organisasies soos bv ATKV se naam is blatant misleidend en selfs die SA grondwet weerspreek dit self deur foutiewelik na kultuur van etniese groepe, in stede na tradisies en gebruike te verwys! Die ou ewige gesoek na 'n 'kultuur' vir reënboognasie was en is steeds misleidend en 'n mistasting en blatante ontkenning van grondwet. 1994 het reeds met interim grondwet 'n enkele kultuur in Sa gevestig! In Vsa is die kultuur ook die grondwet, waarin al die wettige tradisies en gebruike van volkere gewaarborg is!! In bv China is die kultuur aanvanklik vir hul uiteenlopende etnisiteite met Moa Tse Dong se soomlose kultuur gevestig, tot studente opstand op Tianan-plein. Die kultuur van 1.4 biljoen mense, om staatstoestemming te kry om te kan trou en weer om 1 kind te mag maak, is deel van die land se kultuur. Daar gooi jy hom nie tot teen die 'ironies' omdat jy niks anders het om te doen, soos in SA plakkerskampe nie!

Die ATKV se benaming skep verwarring, want daar bestaan nie wetlik so iets, wat voorgestel is deur die wanvoorstelling in Afrikaans nie! Taal het niks met kultuur van land en etnisiteit te make nie, maar wel met tradisies en gebruike van 'n etnisiteit wat taal praat! Ek kan nie Afrikaans as my tradisies en gebruike kodering wegdonner, !xham as taal met gebruike as my eiendom opeis nie, dis identiteitsdiefstal agv my eie nalatigheid! Dis diefstal van etniese tradisies en dis waaroor Zuma se haarjel-hond-loop tirade gegaan het. Dan is jy nog vermetel genoeg as dief om te eis dat ek etnies soomloos amalgameer om jou diefstal legitiem te maak?

Hans Richardt, Benoni

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address