Straight-hygliteratuur | Straight Erotic Literature

 
Vry-willig
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 



Ek haat dit om alleen in ’n vertrek in te loop. ’n Kroeg is nog erger. Sommige van die mans by die kroegtoonbank kyk om as die deur agter my toeslaan. Ek is seker ek bloos en soos altyd weet ek nie wat om met my hande aan te vang wanneer ek so ongemaklik voel nie. Ek wil-wil my rok regtrek, maar onthou dan hoe on-sexy ’n gevroetel lyk. Dit is warm hier binne. Jy het waarskynlik hierdie partytjie beplan toe dit nog nat en koud was. ’n Intieme, knus aand met vriende, was die idee. Miskien sal die maan vir ons deur die venster loer.

Ek is erg gespanne oor vanaand en jy is die rede. Ons twee is die rede. Want deel van speel met woorde is ook om te speel met die spasies tussen die woorde en die reëls tussen die reëls.

“Ek is hier vir die Viljoen-partytjie,” sê ek vir die kelner, wat knik en wys dat ek hom moet volg. Ek ken jou net deur Facebook, maar ons woordelose gesprek is die rede waarom ek effens bewe wanneer ek agter hom aanloop.

Jou reputasie loop jou vooruit. Mansvriende bewonder jou oënskynlike sjarme en die gemak waarmee jy vroue in die bed kan kry; en vroue ... wel, vroue sukkel klaarblyklik om te besluit wat hulle van jou dink. Of soms wonder ek of die probleem eerder lê by wat die vroue van hulself dink omdat hulle oor jou dink.

Dit is baie moeilik om ’n vrou in ons gesamentlike vriendekring te vind wat jou ken en nog nie jou bed gedeel het nie. Daardie vroue stem egter nie almal oor jou saam nie. Hulle reaksies op jou val om een of ander rede onder een van die uiterste emosies – hulle verafgod jou of hulle verafsku jou. Ek wonder onder watter groep ek gaan val wanneer hierdie aand verby is.

Jy en jou vriende sit by drie tafels waarop drankies staan wat reeds half gedrink is. Jy lyk soos op jou Facebook-foto: langerige, donker hare, breë skouers, daardie oë wat selfs op foto’s lyk asof dit deur ‘n mens kyk.

Ek moes nie vanaand gekom het nie. Ek wil jou weerstaan en ek is nie seker of ek dit sal kan regkry nie.

Jy trek vir my ’n stoel langs jou uit en stel my aan die ander mense voor. Ek ken sommige van hulle ook al effens deur Facebook. Dis wonderlik om hulle in lewende lywe te ontmoet. Soort soek soort en uiteindelik het ek met verstandsgenote kontak gemaak. Ons praat oor verbode onderwerpe soos godsdiens en politiek. Niemand praat oor skole of kinders, kosresepte of siektes nie.

Ek is intens bewus van jou langs my. Jou intelligensie prikkel my. Is dit dalk wat die ander vroue ook aangedraai het? Of is dit jou stem wat voel asof dit deur my lyf vibreer? Maar ek wil nie soos die ander vroue wees nie. Ek wil spesiaal wees. Spesiaal wees? Waar kom daardie Calvinisitiese gedagtes skielik vandaan? Ek is ’n moderne vrou – ek glo in die zipless fuck, hedonisme, liggaamlike plesier, vryheid, oop huwelike, oop bene, oop koppe.

Ek drink diep uit my wynglas en probeer om weer op die gesprek te konsentreer. Julle praat nou oor evolusie. Mmmm, was dit nie juis waaraan ek gedink het nie? Is dit nie evolusie om vryer oor hierdie dinge te dink nie? Maar waarom voel ek dan so … so hardegat? Waarom wil ek nie net nog ’n kerfie op jou slaapkamer se deurkosyn wees nie? Is dit dalk waarom sommige vroue jou haat – is hulle dalk vir hulself kwaad oor hulle ingegee het?

Ek sweer ek kan jou liggaam se hitte oor die afstand tussen ons voel.

Ek merk op dat daar al heelwat mense huis toe gegaan het. Is dit dan al so laat? Ek wil ’n draai gaan loop. Wanneer ek my stoel agteruit skuif, sit jy jou hand op my arm, so asof jy my wil keer. Ons almal is al effens tipsy, maar jy lyk asof jy presies weet wat jy doen wanneer jy oorbuk om in my oor te fluister. “Kom sonder jou onderklere terug.”

“Wat?!” Ek sukkel om te konsentreer, want ek raak in jou nabyheid weg.

“Jy het my gehoor. Kom gee jou pantie vir my.”

Jou kyk is ’n uitdaging en ’n verleiding en ek voel dit op die krop van my maag. Maar ek glimlag net wanneer ek my stoel uitskuif.

Die kleedkamer is leeg. Ek moet my rok tot bo my heupe trek om op die toilet te kan gaan sit. Ek trek my broekie af en sien die onderkant is effens nat. Is dit jou ongeoorloofde voorstel wat my so klam gemaak het? Ek kry skielik skaam om te dink dat jy dit sal sien of voel. Moet ek dit doen? Wat van my voorneme om jou te weerstaan? My rok kom tot net bo my knieë, so daar is nie eintlik ’n kans dat iemand in elk geval iets sal sien nie … en dit sal so sexy voel … Miskien is dit nie so erg nie? Dis net jy wat sal weet, en ek. En dit gaan net oor die idee, dan nie?

Eers my bra. Ek gly my rok se bandjies van my skouers af, trek my bra uit en prop dit in my handsak. Dan bondel ek die broekie in my hand.

Uiteindelik is ek weer terug by ons tafel, wat nóg leër geword het. Daar is nog net een ander vrou oor. Ek druk my broekie onder die tafel in jou hand terwyl ek jou oë vermy.

Die gesprek by die tafel gaan oor seks! Die een onderwerp waar ons nog nie by uitgekom het nie.

“Wat is jou siening oor seks en vryheid?” vra jy my vroom terwyl jy my onderklere in jou hand hou. “Ek neem aan as getroude vrou is jy half gefok?”

“Of juis nie gefok nie!” lag iemand anders.

Ek sluk weer diep aan my wyn voor ek antwoord. My kop draai effens, maar net so ’n bietjie, net genoeg om alles meer opwindend te maak. “Wel, aangesien ek niks mág doen nie, dóén ek niks nie,” sê ek in ’n logiese stemtoon asof ek nou die grootste wysheid op aarde kwytraak. “Wat seker beteken dat ek iets buite my huwelik sal kan ervaar net as ek nie regtig ’n keuse daaroor het nie.”

“Wat?” Dis die ander vrou wat dit vra, maar ek kan nou nie eens meer my sin onthou nie en wat wou ek sê – wyn is regtig nie goed vir iemand wat nooit uitkom nie en ek wonder hoe ek huis toe gaan bestuur en ek glimlag vir die vrou en sê vir haar ek dink ek is ‘n bietjie dronk en wat was die vraag nou weer en almal lag en gesels verder, maar jy lag nie. Jy kyk vir my en jy glimlag nie eens nie en iets beweeg weer laag in my maag. Wanneer jy jou hand oor my been gly doen ek niks om jou te keer nie.

Gee mens op die oomblik van passie om oor die ander? Of hou mens op dink, konsentreer mens op voel – op die brandmerk van jou hand op my been? Is dit waarom die ander vroue ingegee het, selfs al wou hulle nie?

Jou hand beweeg af oor my rok se dun materiaal en ek voel wanneer daar nie meer iets tussen jou hand en my vel is nie. Jou hand is net bo my knie en ek wil my oë toemaak en net voel wanneer dit onder my rok boontoe begin beweeg. Ek sluk diep aan my wyn. Jou hand is so warm. Dit gly so ‘n bietjie af na die binnekant van my been en begin dan weer op beweeg. Hoe hoër jy jou hand beweeg, hoe verder forseer jy my bene van mekaar af weg. Ek wil jou keer en ek wil nie, want my hele wese wag vir jou hand om ... Jy gly jou hand uit tussen my bene en oor my bobeen, heup en dan beweeg jou hitte van bo af oor my naaktheid. Jy vou jou hand tussen my bene in en gly jy jou vinger oor my klit. Ek dink die vrou praat met my, maar my ore suis en ek maak of ek haar nie hoor praat het nie. Wyn, koel wyn. Ek sluk en verstik amper wanneer jy jou vinger tussen my sagte voue indruk. Die man aan die anderkant van die tafel glimlag en knipoog vir my. Hy weet! Ek probeer my heupe beweeg sodat ek jou hand kan afskud, maar jy ignoreer die beweging en steek jou vinger in my op. “Jy is so nat, so lus, nè?”

Ek antwoord jou nie. Ek probeer net weer van jou hand af wegkom, maar dit werk nie. “Die meeste mense aan hierdie tafel weet my vinger is in jou.”

“Los my.” Ek fluister, maar dit klink vir myself of my woord om die tafel weergalm.

“Hoekom?”

“Sommer.”

“Great rede.”

“Omdat ek jou vra?”

“Jy vra my baie ander dinge ook. Jy weet net nie dat jy dit vra nie.”

“Soos wat? Wat vra ek jou, ek ken jou skaars?” Ek kan nie dink met sy vinger in my nie! Hoe absurd om ’n gesprek te probeer voer terwyl hy elektrisiteit uit my binneste steel.

“Jy vra my om my hand oor daardie pragtige bors van jou te vou, jy vra my om jou stywe tepel met my tong te terg, jy vra my om jou van binne te leer ken. Jy vra my om jou lyf vir myself te vat.”

Dit voel asof ek in my stoel in smelt. Jou vinger en jou woorde is besig om my te laat vergeet van die ander mense.

“Ek vra jou nie. Waar doen ek dit?” Die laaste woord eindig in ’n kreun. Ek byt op my lip sodat daar nie nog een kan uitglip nie.

“Jou lyf smeek my al van daardie eerste dag af. Ek gaan vir jou lyf gee wat sy vra.”

Die vrou en haar metgesel wil loop. Jy moet hulle gaan afsien. Jy lag vir my wanneer ek my rok vinnig aftrek. “Moenie met jou liggaam stry nie. Sy is die sterker ene.” Jy hou jou vinger na my toe uit; dis blinknat. “Hoe moet ek dit weerstaan?”

Daar is nou net vier mense by die tafel oor. Ek gaan ook loop. Ek sê dit vir die ander mans, maar hulle lag net en maak my glas weer vol. Hoe het dit so laat geword? Die kroeg het in die laaste rukkie leeg geloop. Dit lyk asof die kroegman begin oppak. Iewers ver in die agtergrond kan ek hoor hoe die kombuispersoneel begin groet.

Ek wag vir jou om terug te kom sodat ek kan loop, maar jy praat eers met die kroegman voordat jy die voordeur gaan toemaak. Miskien wil hulle net nie hê daar moet nou eers nuwe klante inkom nie? Wanneer jy uiteindelik weer langs my stoel tot stilstand kom, staan ek op.

“Ek dink dis tyd dat ek ook waai,” sê ek. “Baie dankie vir ’n heerlike …”

“Jy gaan nêrens heen nie.”Dis die derde keer die aand dat iemand die woord “wat” gebruik, dink ek terwyl ek dit sê. Ek dink nie jy gaan jou sin herhaal nie.

Jy steek jou hand in jou broeksak en trek my broekie uit. Stadig, vir effek. Dit lyk soos wanneer ’n kulkunstenaar een van daardie nimmereindigende serpe uit sy mou trek. Ek voel of ek gaan doodgaan van die skaamte en laat my gesig in my hande sak sodat die ander nie kan sien hoe vernederd ek voel nie. Ek is nie net skaam oor my broekie in jou hand nie. Ek is ook skaam oor my lyf. En oor ek weet waarom die deur gesluit is en waarom jou vriende nog daar is.

“Ek sal jou later sien, dit was …” probeer ek weer.

Ek weet jy weet wat in my kop aangaan. As ek vir jou kyk, laat jou oë my nie toe om te lieg nie. Daarvoor het ek al te veel in laatnaggesprekke aan jou erken. Ek wil jou smeek om my nie te beveel nie, want dit sal onregverdig wees as jy my fantasieë teen my gebruik.

Ek weet ek moet loop. Nóú. Maar my skoene voel skielik of dit van lood gemaak is en ek besef dat bang en lus albei gelyk deur my bloed stroom. Ek gee ’n tree in die rigting van die deur, maar die deur is tien, twintig, dertig treë ver aan die anderkant van die kroeg en ek gee nog ’n paar ontelbare, oneindigende treë in daardie rigting voor ek stop – en omdraai.

Ek wonder nog of die deur te ver of te naby was as ek jou hand in my hare voel. Jou mond is hard teen myne - om een of ander rede wil ek nog teen jou veg - ek is seker ek voel tande teen my lippe en dan kan ek nie meer asem kry nie en ek maak my mond oop om nee te sê, maar daar kan nie klank uitkom as jou tong dit reeds daar diep in my keel kaap nie. O, maar jou tong is warm en vreemd en dwingend en neem my mond oor. Jou tong is ’n wapen, ’n versoeking, ’n oorreder, ’n domineerder. Die tafel is agter my bene. Daar is nêrens waar ek heen kan gaan nie.

Uiteindelik lig jy jou mond. Jy fluister weer vir my. “Ons gaan jou almal vat, hier op hierdie tafel. Ek, my vriende en selfs die kroegman as hy lus is. En ons gaan dit doen omdat ons dit wil doen. Maar ook omdat jy wil hê ons moet. Dis jou fantasie, moenie nou uitchicken nie. Ek weet jy wil gedwing word, beveel word, maar jy moet instem, jy verstaan dit, nè?” Jou stem klink snaaks, asof jy nie genoeg asem vir jou sin het nie.

Dit voel asof my sintuie op ’n dagga-trip is. Selfs tyd maak ’n ganja-draai terwyl ek hoor hoe hard my hart klop, hoog raak op feromone, voel hoe my bene jellie word.

En dan wag jy skielik nie meer vir my antwoord nie.

Eintlik is ’n rokkie ’n patetiese verskoning vir klere. Dit vat letterlik een beweging om my rok om my enkels te laat lê en my kaal aan jou uit te lewer. Jou volgende beweging druk my agteroor op die tafel agter my. Dit voel of ’n damwal gebreek het en ek weggespoel word in die vloed.

Jou drie vriende is mans genoeg vir ’n vrou. Hulle is deel van hierdie werklikheid-fantasie. Een het albei my hande in syne en hy druk dit agter my kop op die tafel vas sodat ek my bolyf nie kan beweeg nie. Ek voel hoe ek aan die tafel vasplak en besef dat ek waarskynlik in drank lê wat iemand uitgemors het. Ek kan myself nie keer om te probeer loskom nie. Dis asof ek wil en nie wil nie en die stoeigeveg binne myself maak alles waar.

Jy trek my aan my heupe nader sodat ek op die rand van die tafel lê, kyk een keer vir my en dan voel ek hoe jy my diep penetreer. Ek is vasgepen deur jou vriende en jou penis en daar is nie ’n millimeter beweegruimte nie. Al wat kan beweeg, is jy, binne my. Jy naai my hard. Die tafel skuur effens oor die vloer en maak ’n ritmiese knarsgeluid op die teëls. Jou ritme. Alles neem jou ritme oor. Ek kan jou asem op jou ritme hoor hyg en jou vriende se vingers harder voel klem op jou ritme. My poesie kneus op jou ritme en ek kreun onder jou ritme en wanneer jy jouself uiteindelik in my leegmaak, snak die kamer saam met jou na asem.

Jy lyk effens verstom wanneer jy terugstaan, so asof jy nie kan glo jy het dit gedoen nie, asof dit te werklik was. Ek weet hoe jy voel. Ek voel hoe jou vriende my enkels los. My arms is ook weer vry. My bene hang nou oor die rand van die tafel, ek haal hortend asem. Die nat op my wange reflekteer die nat van jou saad wat uit my drup, drup, drup.

Dis jy wat die stilte verbreek: “Wat het ek gedoen ... maar jy is so … begeerlik … en … jy wou dit hê, maar ...” Jou broek is nou opgetrek. Jy steek ’n sigaret aan. Dit lyk of die kooltjie effens bewe. Jy kyk na my gesig en dan na my borste en terug na my gesig asof jy nie weet wat om volgende te doen nie.

En as jy weer vir my kyk, kyk ek in jou oë. Daardie oë wat so baie vroue al in verdrink het. En ek gee nie meer om dat ek ook een is nie, want ek weet ek is anders. Élkeen is, op haar eie manier. En ek vou my hande bo my kop inmekaar, lig my voete op en sit hulle op die rand van die tafel. Dan sprei ek my bene en wys ek myself, oopgebreek en sappig, vir jou en vir enigiemand wat wil hê. Jy glimlag vir my oor jou vriend se kop wanneer hy oor my neersak. Want my fantasie is nog nie klaar nie en die nag is nog lank.
Comments 5 Reaksies | 5 Comments
Delete Comment
avatar
Chuck
2012-07-19 @08:14
Hi Vry-willig (Annelise - 2012-07-16)
By watter kroeg hang jy uit? Ek sal ook baie graag daar wil uithang wanneer jy daar is.
Andre
Delete Comment
avatar
Boertjie
2012-07-19 @17:26
Baie mooi geskryf. Emosioneel, eroties en treffende woorde!
Delete Comment
avatar
TellMe
2012-10-17 @12:40
WOW, WOW, WOW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Het nogal gewonder wie sal eerste by die topic uitkom ... bly iemand was mans(vrou) genoeg daarvoor.
Delete Comment
avatar
MisteryMe
2013-09-01 @20:16

Annelise

Beste storie sover gelees. Dit was 'n groot wow.

Delete Comment
avatar
Karnallie
2013-09-30 @22:44
Wow, ongelooflik opwindend, baie lekker leesstof!!!
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address