Vrou-alleen by die Baxter

  • 0

Vrou-Alleen
'n Komedie deur Dario Fo en Franca Rame. Vertaling deur Anathe Shand en Christine Truter
Met: Anathe Shand
Ondersteun deur Josh Meyer & Wayne Galant
Regie: Christine Truter

Baxter, Zabalaza Festival, Golden Arrow Theatre
Maandag 23 Maart 12:00 - 13:00
Dinsdag 24 Maart 13:30 - 14:30
Vrydag 27 Maart 20:00 - 21:00

'n Komedie oor cope met vuil wasgoed, vuil doeke en vuil gedagtes.

Meri-Lu Williams word 24/7 toegesluit in haar flat deur haar jaloerse man. Maar sy's alles behalwe ge-worry.  Met die baba, die lastige bure, 'n heavybreather en haar vatterige swaer om haar company te hou is sy meer as uitgesort.

Ek meen, what more can a woman want?

Vrou-Alleen is 'n vlymskerp komedie oor 'n vrou wat multi-task tot op die punt van 'n breakdown en dit alles sodat sy kan cope in 'n wêreld vol beheer-bedonnerde mans.

Die vertaling van Una donna sola is net so relevant vir Suid Afrika vandag as wat dit in die sewentigs vir Italië was. Die gees en die satire van hierdie eenvrouvertoning verleen homself uitermatig goed tot vertaling na Afrikaans en veral tot verplasing na die mond van Meri-Lu Williams.

www.computicket.com
kaartjieskantoor 021 685 7880
Geskik vir die algemene teaterganger, insluitend jong mense bo die ouderdom van 14.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top