Bieg | Confess

 
Vriendin met voordele
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

My beste vriendin het deur ’n moeilike tyd gegaan op ’n stadium. Een aand bel sy my, en vra ek moet oorkom. Op daardie stadium bly ek in ’n naburige dorp, sowat een uur se ry weg.

Na ’n paar uur se troos en moed inpraat, maak ek aanstaltes om te ry. By haar toe kamerdeur, in ’n ondersteunende "totsiens-drukkie",  gly haar mond sag op teen my nek.

Die hoendervleis het oor my hele lyf uitgeslaan. Ek onthou dat ek verstar gestaan het, nie geweet het wat om te doen en of ek iets wou doen nie.

Haar woorde sal my altyd bybly ...

"Wat is dit ... wat gaan nou aan?", het sy in my oor gefluister, terwyl sy met haar mooi vol mond, teen my oor, en oor my wang, haar weg na my halfoop mond vind.

Toe haar lippe sag oor myne sluit, en vir ’n paar sekondes huiwerend so bly, het ek geweet iets verander vir altyd in my. Ek, konserwatiewe, eng, standvastige vriendin, is besig om my beste vriendin, stadig maar seker, stywer in my arms in te trek, en buig my kop effens om met ’n half oop mond, haar lippe sag te liefkoos.

"Ek weet nie ..." is al wat ek kon uitkry. Sy het haar arms styf om my nek geslaan, en met haar lyf styf teen myne, my die diepste, innigste, passievolste soen van my lewe gegee.

My asem het gejaag, ek kon die tinteling diep in my vrouwees voel, en die nattigheid het my mal gedryf. Ek het haar gesoen met vol lippe, ons passie het mekaar gek gemaak. My hande het oor haar borste geglip, en haar regterhand het tussen my bene ingewikkel, en my vasgegryp. Ek dog ek kom net daar.

Ek het stadig en beneweld, terwyl ek haar mond diep en innig gesuig en gesoen het, om haar beweeg, tot ek agter haar gestaan het, terwyl ons steeds soen. So kon ek haar borste beter streel en vryf. My regterhand het haar broek se knope en zip losgemaak. Met my hand in haar pantie, kon ek haar nat lippe voel, en sy het geswik, terwyl ek my vinger sag laat inglip het.

Haar nek was gebuig, en sy het haar bene wyer oopgemaak. Ek kon haar klit voel, en het sag daaroor begin streel. Dit was skaars ’n paar minute toe sy rukkend haar orgasme bereik, terwyl sy my vasklou en omdraai na my.

Haar hande het my gesig vasgehou, terwyl sy diep in my oë kyk. Toe sê sy: " Jy sal my mal maak ..."

Ons het daarna vir 5 jaar ’n "geheime" verhouding gehad.

Dit het ongelukkig nie gehou nie. Maar sy was die skemer liefde van my lewe. Ek kon nooit weer iemand so liefkry nie, en het nooit getrou nie. Dis vandag sowat 28 jaar later, en alhoewel ek heeltemal oor haar is, was daar niemand soos sy nie.

Skiewies

Comments 3 Reaksies | 3 Comments
Delete Comment
avatar
Meisietjie
2013-02-27 @13:49
Ek het self so vriendin verloor. Sy is oorlede maar gelukkig het ons ons gevoelens met mekaar gedeel, al was ons ook nou al 14 jaar vriendinne voordat ons mekaar ontdek het.
Delete Comment
avatar
Secret Thought
2013-03-19 @08:28
Ek droom van iemand wat soos ek voel. Is ek alleen in my gedagtes ? 
Delete Comment
avatar
Secret Thoughts
2013-03-19 @09:09
Fantasties!
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address