Beste Jan,
Laat my mos nou dink aan ’n vraag wat ’n hele matriekklas nie kon beantwoord nie.
Wie het Shakespeare se Hamlet geskryf?
Dag Jan, ek stem saam met die eerste 3. Wat vraag 4 betref moet ons in gedagte hou dat die Afrikaner se probleem is die feit dat hy gedink het die minderheid kan bly staan in ’n demokrasie. Een arend tussen tien aasvoëls gaan steeds sy gat sien in ’n demokrasie. Snaaks dat die Afrikaner se groot held, De Klerk sy mense met so ’n soet ou stemmetjie so kon "bullshit".
Goeie ding die koningkryk van G_d gaan ’n diktatorskap wees.
Wees gegroet
Duitswester
Moet nou nie mal wees nie Jan. Beide my kinders (Juandré-Jean en Clarissomé) se Afrikaans is eintlik nog heeltemal okay. En hulle skool het juis die ander dag so great show gegee, in Afrikaans! So om hulle te reward vat ek hulle hierdie jaar twee keer na ons vakansiehuis, Forever Myself, daar in eMalahleni se wêreld... :-)
Dis die hoofoorsaak van al die probleme op aarde, maar dit word misgekyk, of doodgeswyg, dalk vir politieke of godsdienstige redes word daar min oor gepraat.