SêNet-briewe | Letters

 
Vrae aan Jan Rap

Beste Jan

Jy skryf:  “Dan Roodt is pro-aktief; hy wag nie om genooi te word om tot aksie oor te gaan nie.

My vraag.  Kan jy my ’n reeks aksie voorbeelde gee waar Roodt “pro-aktief” en nie net pro-praat, in belang vir die Afrikaner opgetree het nie?

Jy skryf: “Dit volg dus dat my ONS die ouens was wat nie so blinkoog was oor die feit dat SA 'n swart regering moet kry nie en my JULLE was dan die ouens wat wel blinkoog was dat SA 'n swart regering moet kry”.

My vraag.  In die lig van jou stelling hierbo, indien nie ’n swart regering nie, hoe sou jy ’n wit regering gewaarborg het pre-1994, en gee voorbeelde van haalbare strategie toepassings.

In al jou politieke skrywes skop jy vas pre-1994.  My vraag: Wat sou jy as haalbare politieke oplossing vir Afrikaners vorentoe voorstel, en gee strategie toepassings voorbeelde.

Jy skryf: “Ek belowe jou ek sal jou opsie 3 (Afrikaner selfstandigheid) gaan opsoek en my kommentaar lewer

Teen watter datum kan ek sodanige antwoord verwag.

Jaco Fourie

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address