|
Hermann Giliomee is by die ABSA KKNK aangehaal: “Die Afrikaners het al van ’n baie vroeë stadium die idee van ’n volkskerk gehad. Die kerk moet gaan kyk wat die verhouding is met die volk waarin hy geplaas is. Is hy ’n volkskerk of is hy nie ’n volkskerk nie?”
Naomi Meyer het hom – en kerklike rolspelers – gevra hoe wenslik die begrip van 'n "volkskerk" is in die godsdiensdiskoers van ons tyd en oor die verhouding tussen die kerk en die volk waartoe sy lidmate behoort. Wat is die rol van sulke faktore soos taal, kultuur en politiek in 'n geloofsgemeenskap?
|
|
Hermann Giliomee: Het apartheid by die kerk begin?:
"Ek wonder soms of die politici van die Nasionale Party onder dr DF Malan, wat in 1933/34 gestig is, ooit apartheid as ’n radikale ideologie sou ontwikkel het as dit nie was dat die NGK in 1935 vir hulle ’n bepaalde, baie verleidelike weg aangewys het nie."
|
|
Jaap Durand: Is die NGK 'n kerk vir die Afrikanervolk?: "Die NGK se erkenning dat die teologiese regverdiging van apartheid onskriftuurlik was, by monde van sy sinodes, ander kerklike vergaderings en baie van die leierskap, veral onder jonger predikante, het menige lidmaat ontnugter."
|
|
Jaap Durand (repliek): Volkskerk en die eenheid van die kerk: "... die teologiese oorwegings vir die selfstandige bestaan van kerke wat uit sendingwerk na vore gekom het ... (is) later misbruik ... om die bestaan van aparte 'dogterkerke' te regverdig, terwyl die werklike rede vir die uitsluiting van die bruin gemeenskap uit die NG Kerk ... ’n eufemistiese beskrywing (was) van rassisme in die kerk."
|
|
Klippies Kritzinger: Waarom volkskerk en die gelaaide term?:
"Die vraag oor die nuttigheid van ’n debat oor die begrip volkskerk is vir my in die eerste plek ’n vraag of die begrip volk in Suid-Afrika losgemaak kan word van die konnotasie van rasse-identiteit."
|
|
Wil jy ’n bydrae lewer tot hierdie gesprek? Stuur jou voorstel aan naomimeyer@litnet.co.za."
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.