Hello,
Die ironie daarvan om Cornelius Henn vir Kobus te beskuldig as die “een” wat volgens sy eie oordeel alleen reg is, is net te veel. Het Henn dan vergeet hoe gereeld hy ’n vloermoer hier gegooi het wanneer sy gunsteling versinsels hier bevraagteken was en hoe gereeld hy daarop aangedring het dat hy wat Henn reg is sonder enige twyfel. Die verskeidenheid van onderwerpe is langer as wat 600 woorde jou toelaat om te kan bevestig. Dalk dink Henn die klug van die katolieke groete gaan hom vrywaar teen beskuldigings van engheid – want kyk hoe groot is my, Henn, se sirkel.
So asof die Katoliek en die Jood knus in dieselfde oortuiging staan. Pous Benedict XVI voer aan daar is net een Katolieke Kerk, Henn weer dink alles is katoliek – onbewus daarvan dat dit Henn eintlik ’n protestant maak.
Die party met een lid, die sal Henn wees, Kobus het die voordeel dat baie van sy stellings onder die algemeen-aanvaarde beginsels van die geloof deur hom gehuldig kan val. Daar is baie wat egter met ’n sak sout gevat moet word.
Maar hierdie is net ’n inleiding tot die aanbieding van ’n idee wat ek onlangs raakgelees het. Thomas Sowell beskryf die volgende persoon wat beskryf word as die gesalfde en die visie wat die gesalfde huldig:
“The vision of the anointed”.
The vision of the anointed is a complicated thing. It is part ideology, part prejudice, part ignorance, part psychological projection, and part (perhaps its biggest part) wishful thinking. The vision of the anointed is at its heart a refusal—a knowing, intentional refusal—to deal with reality on reality’s terms, or even to conscientiously encounter realities that are challenge that vision or unpleasant.
Dit word aan die deelnemers hier oorgelaat wie val die meeste male in die lokval van die “visie van die gesalfde” en te oordink wat kan gedoen word om dit te vermy.
Wouter