Biebouw-resensies | Reviews

 
Vir Varkspek oor die steekproef

Dagsê Varkspek

Aangesien dit 'n Afrikaanse koerant se peiling was kan mens aanvaar dat dit hoofsaaklik Afrikaanssprekendes is wat geantwoord het.  Soos ek al vertel het, openbaar die meeste Afrikaners die g.o.t.t.s.-sindroom, gretig om tevrede te stel.  Jy weet, soos met die 2010 sokker, toe RSG sokker so propageer het bel almal in en vertel hoe lief hulle nou vir sokker is, hulle het nooit geweet sokker is so fantasties nie.  Daar was selfs die wat ingebel het om te sê hulle kinders speel nou sokker in plaas van rugby kan jy glo.

Op dié manier dan kan 'n ou dan aanvaar dat die helfte van die 52%  maar net ja gesê het vanweë hierdie sindroom en min of meer dieselfde is van toepassing op die wat hulle bes doen.  So 26% doen moeite en 14% probeer.  Vreesaanjaend nè.

Wat doen die ander 60%?  As hulle openlik erken hulle praat 'n mengeltaal is dit natuurlik met Engels gemeng en dit is so.  Luister maar na gaste op die radio; die oorgrote meerderheid van hulle kan eenvoudig nie kommunikeer in Afrikaans nie, hulle weet nie dat baby marrows murgpampoentjies is nie, dat sun dried tomatoes songedroogde tamaties is nie, dat even selfs is nie ens ens.  Selfs die omroepers is onbekwaam; een ou praat van inlê dan bedoel hy laat slaap, hy spreek die 'Boon' van Boonzaaier uit om te rym met 'Boone' soos in Daniel Boone en almal het hierdie geaffekteerde Engelse uitspraak as hulle Engelse woorde moet sê.  Ja-nee, soos die syfers wys, 'n Afrikaanssprekende kan net nie meer sy gedagtes uitdruk sonder om Engelse woorde te gebruik nie

Die grootste rede tot kommer is dat die stand van Afrikaans sodanig is dat daar hoegenaamd so 'n vraag gevra kan word.  Verbeel jou, in Finland vra 'n Finse koerant vir die Finne of hulle moeite doen om Fins te praat.  Absurd.

Dit sal interessant wees as Beeld (vir die Afrikaanssprekendes natuurlik) dieselfde vraag ten opsigte van Engels vra.  Ek weet jou nie een sal sê hy "probeer maar sukkel" nie; vir 'n Afrikaner is dit die grootste skande as hy nie kan Engels praat nie.  Waar kry jy nog so 'n gedienstige volk soos die Afrikaner tog; ons lek behoorlik die Engelse se gatte.

So, Varkspek, die vraag is nie of Afrikaans gaan oorleef nie, hy's reeds met een voet in die graf.  Die vraag is of hy kan herleef.

Groetnis

Jan Rap


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address