SêNet-briewe | Letters

 
Vir Pieter Redelinghuys oor medelye en simpatie
Hallo Pieter

Jou kommentaar onderaan my repliek van 7 deser op jou brief van 15 Oktober verwys.

Jy's 'n baie beter mens as ek, eerlikwaar. Jy verstaan my (ons Transvalers s'n oor die algemeen lei ek af) leed en pyn, soos jy sê, maar ek verstaan glad nie jou (julle Kapenaars s'n oor die algemeen) inskiklikheid ten opsigte van korrupsie, skreiende onbekwaamheid en wegholmisdaad nie.

Ook nie die gelatenheid waarmee julle die heksejag op, en agteruitgang van, Afrikaans aanvaar nie en selfs in baie gevalle nog meewerk daaraan. Dit is seker maar deels toe te skryf aan die feit dat julle medeverantwoordelik voel; 'n ou kritiseer mos nie maklik sy eie maaksel nie of hoe?

Julle beheptheid met Engels is vir my net so 'n raaisel. Soos jy reken die Engelse oorlog het 'n aandeel aan ons leed en pyn reken ek einste is weer verantwoordelik vir julle oordrewe eerbied vir die Engelse; 'n soort van 'n Stockholmsindroom waarmee julle gepak is of iets.

Ek verstaan ook nie wat jy bedoel met die visie wat jy reken Jan Smuts sou gehad het vir 'n Suid-Afrikaanse nasie nie. Was dit nie sy regering wat in 1913 aparte grondgebiede vir die swartes bepaal het nie? Hy was wel 'n besondere knap en skrander persoon maar met sy anglofilisme twyfel ek sterk of hy so'n groot faktor in die bevordering van die Afrikanersaak was. Maar miskien het jy meer inligting.

Ek kan ook nooit verstaan hoekom julle aanhoudend sê 80% van die bevolking was uitgesluit nie. Beskou jy Swaziland en Lesotho, twee outonome lande omsluit deur Suid-Afrikaanse grondgebied, as 'uitgesluit'? Indien nie, wat is die Swazi's en die Sotho's beter as byvoorbeeld die Xhosas, Zoeloes of Venda's; hoekom kan hulle ook nie outonome lande in suider Afrika wees nie? Buitendien, waar kom jy aan 80%? Oor 10 jaar is hulle 99% en hoeveel sê dink jy gaan ons dan hê?

Wat my bring by Die Groot Suid-Afrikaanse Raaisel: Gegee wat in die wêreld aangaan – die geskarrel vir bronne, die vryery na hondjies om die halsbandjies onthalwe, die jammerlike toestande in die derde wêreld – dink jy nou werklik die nuwe bedeling is bewerkstellig deur 'n 'vryheidstryd'? As die swartes in SA so onderdruk was, hoe verklaar jy die feit dat a) daar nie 'n uittog was na die reeds 'bevryde' lande nie, dat b) daar 'n gedurige instroming hiernatoe was van burgers vanuit die sogenaamde bevryde lande en c) dat die swartmense hier 'n baie, BAIE hoër lewensgehalte gehad het as in die res van Afrika (en Haiti)?

Pieter, wat jy moet doen is om te gaan stil sit, eenkant, en besin. 'n Hele dag lank (en sonder Engelse of Kaapse Afrikaanse koerante) anders gaan jy nooit agterkom jy's 'n rat voor die oë gedraai nie.

Groetnis

Jan Rap

Comments 2 Reaksies | 2 Comments
Delete Comment
avatar
Thys Human (PTA)
2012-11-09 @14:01
Mooi skoot, JR. Jy het nie net sy tjank afgetrap nie - jy het sy gat behoorlik geskop!
Delete Comment
avatar
Pieter Redelinghuys
2012-11-09 @14:14

Beste Jan,

Dankie vir jou brief en kommentaar, en weereens stipuleer ek dat ek jou leed en pyn goed verstaan,  nie omdat ek ’n "beter persoon" sou wees nie ( jou goeie grap) maar weens die feit dat my Wêreldbeskouing gelukkig nie gevorm was deur die geskiedenis van die Groot Trek, Slagtersnek, die Anglo-Boere Oorlog, en die konsentrasiekampe nie. Die haat vir die Engelse en die vuur van Afrikaner nasionalisme het nie baie sterk in my hart gebrand nie, ook geen werlike entoesiasme gekoester vir ’n landsbeleid wat mettertyd op ’n mislukking sou afstuur nie. 

Die resultaat van bg. het my in ’n beter posisie geplaas om die veranderinge te aanvaar wat op die land afgestuur en kulmineer het in die algemene verkiesing van 1994. Sedert daardie tyd is vordering gemaak op sekere gebiede maar die land het nou sy pad verloor weens slegte leierskap, korrupsie en wanbestuur. Kry vir jou die "The Economist" van Oktober 20-  26- 2012 ( ek is seker dat jou kennis van Engels uitstekend is)  Die agtergang van Suid-Afrika word daarin breedvoerig bespreek. Op die voorblad staan "Cry, the beloved country. South Africa´s sad decline".

Elke nasie hunker na ’n land van sy eie. In die geval van Afrikaners was hierdie ideaal nie bereikbaar nie. Daar is baie voorbeelde van hierdie toestand in die wêreld waar etniese groepe nie ’n eie geografies-afgebakende land besit nie maar ’n minderheidsgroep vorm binne ’n grotere geheel. Hierdie feit moet eenvoudig aanvaar word en op ’n realistiese wyse mee omgegaan word.

Ek hoop dat jy eendag sal rus kry en dat die hunker na die onmoontlike en onrealistiese/idealistiese  mettertyd sal  uitbrand. As jy ’n gelowige persoon is behoort jy te weet dat hier op aarde niks permanent is nie, en dat die "werklike" lewe eers begin na die dood.

Beste groete,

Pieter Redelinghuys

   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address