Jan Rap
My houding is dat apartheid ontwikkel is in ’n tyd toe diskriminasie teen donker mense wêreldwyd algemene praktyk was. My pa'hulle het dus opgetree met die lig tot hulle beskikking en daarvoor kan ek my nie sovêr kry om om verskoning te vra nie. Oor die gruwelike menseregte-vergrype is ek jammer en ek betreur my blinde ondersteuning van ’n stelsel wat dit toegelaat het - terugskouing het altyd 20/20 visie en ek weier om vir ewig in ’n staat van beskuldiging te staan omdat dit weinig aan die toekoms gaan verander. Die voor-1994-stelsel was egter nie volhoubaar nie en moes noodgedwonge verander. Die huidige stelsel waar 4 miljoen mense 90% van die belasting betaal en 17 miljoen mense onderhou is eweneens nie volhoubaar nie. Die ANC is ’n patetiese regering en kon, soos die res van Afrika se bevrydingsbewegings, nie homself omvorm na ’n moderne regerende party nie. Die hoë werkloosheid, die swak akademiese prestasie van skoliere en die onaanvaarbare veiligheidsituasie (weereens skokkend geïllustreer deur die moorde in Belfast) is aanduidend van ’n regerende party wat nie die mas opkom nie. Dis maklik en soms terapeuties (ek is ook skuldig daaraan) om te keka maar dit bring ons weinig in die sak.
Hef aan lê vir ons almal (en ek bedoel almal) voor - meer doen en minder keka!
Groetnis
Thomas
Dis die hoofoorsaak van al die probleme op aarde, maar dit word misgekyk, of doodgeswyg, dalk vir politieke of godsdienstige redes word daar min oor gepraat.