SêNet-briewe | Letters

 
Vir Francois Williams oor Australië
Ek sien jy raak alweer histeries oor klein insidentjies in Australië. Wat is jy so behep met Australië? Om daardie land aan te val gaan jy nie ons Boere kwaad maak nie (jou hoofdoel in die lewe) want ons hou nie eers van die plek nie; die mense praat Engels daar.

Dis eintlik die plek vir jou; jy is mos so in Engels en die Engelse se gatte ingekruip, skoon skaam om Afrikaans in die openbaar te praat soos jy al self gesê het. Miskien is dit rede hoekom jy so hatig op die Australiërs is; jy's 'n tweedehandse Engelsman en hulle wil jou nie daar hê nie, of so-iets. Toe gaan jy maar Sjina toe, hulle eet als en laat als in, sjym.

Australië is effektief en bekwaam wat misdaadbestryding betref – daar haal onbeduidende misdaadjies die nuus maar hier haal moord skaars die nuus. Net gister weer is twee bejaardes met draad vasgebind en in hulle vrieskas gedruk om te versmoor. En hulle grensbeheer is strate voor ons s'n; misdadigers spoel nie maklik oor soontoe nie.

Jy wat so lief vir galbraak is, plaas laat jy Suid-Afrika gekies het om oor te kak en kerm want hiér is nou materiaal daarvoor, maak nie 'n fout nie. Die gedurige bandebrandery en klipgooiery het nou al oorgespoel tot in die Kaap in of sal ek sê die bandebranders en klipgooiers het nou al oorgespoel tot in die Kaap in. Ja-nee, as misdaad, korrupsie en wanorde jou ding is kan jy boekdele oor die NSA skryf. Maar jy sal nie, dit sal net beklemtoon hoe 'n moerse borrel jy gehap het met jou SwJ-storie. Sjym.

Jan Rap

NS Onthou nog dat jy ons moet verduidelik dat die NSA reggekry het in, wat het jy nou weer gesê, 'n jaar?, wat Australië nie in 200 jaar kon regkry nie. Ook van die nare mense wat hulle kindertjies in die frontlinie ingestoot het.

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address