Jan Rap: Hier trek jou gedagtes nou verder as die grens van my eie kennis. Ek het boonop op die oomblik min tyd want vriende van my uit Amerika kuier en ek moet gids speel (ek is al behoorlik siek van toeriste-attraksies en restaurant-etes!) en dan mors ek ook nog tyd om op verskeie ander plekke met ouens soos Kobus de Klerk te redekawel.
As ek tyd het sal ek kyk of ek met een of ander betekenisvolle antwoord vorendag kan kom. Om die waarheid te sê, jou vraag is sodanig meer interessant en sinvol as die twak wat party ander hier praat, dat ek dit nou oorweeg om my laa-a-ng stryerye met hulle so gou moontlik af te sluit en liewer te fokus op die meer interessante gesprekke hier.
"Hierdie bring ons dan weer by daardie gunsteling van alle onderwerpe, die gay persoon, hoe word homoseksualiteit ervaar."