Dag Jan,
sorrie man, maar kan jy dit weer vir my verduidelik, stadiger die keer?
Duitswester
Beste Jan,
Amasing, is dit nie? Ek bedoel nou om die woord "Sorrie" uit jou mond te hoor. Ek bedoel nou nie dat ek dink jy is hooghartig nie. Ek bedoel dat jy dit as ’n leenwoord uit Engels sien en dus Afrikaanse burgerskap kry, en nie sommer ’n lelike Angilsisme wat uitgeroei behoort te word nie. (Amasing is darem wragtig vir jou lelik!)
Sorrie, Jan ek het jou eerste brief bietjie vinnig gelees, maar nou verstaan ek wat kwyntempo beteken. ’n Pragtige nuutskepping van jou. Kwyn beteken egter verandering van toestand, en as ek met jou formule werk, kry ek net ’n statiese antwoord, want h (hoogte) is ’n enkele punt. Het jy ’n formule vir tempo? Miskien kan jy reghelp.
Groete
Angus
"Dis duidelik; dit wat jy om jou sien en aan ander toedig, is inderdaad 'n refleksie van jouself."