Verdere antwoorde vir Francois Williams oor Italië !!!!
Waarskuwing: Brief is in Francoiswilliamsiaans; sensitiewes moet iets anders gaan lees.
Ek verwys natuurlik na jou brief "Verdere vrae aan Jan Rap ivm Italia???" Terloops, ek het jou al voorheen gevra; hoekom sit jy 'n vraagteken, of vraagtekens, na 'n stelling? Dit is 'n stelling dat jy 'n vraag gaan vra en dus het jou opskrif nie 'n vraagteken nodig nie. En hoekom praat jy van 'ItaliA'?
Arme drol, wanneer gaan jy leer dat jy net die swakhede en mislukkings van die NSA toelig juis as jy allerhande twak praat oor Europa?
Ek vertel jou van die bandebrandery en klipgooiery en jy sê dit vind ook in Europa plaas. Waar in Europa, waar die immigrante bly? Hier is omtrent elke tweede dag 'n bandbrandery en klipgooiery, is dit ook so in Italië? Hier raak duisende (let wel, nie honderde nie, DUISENDE) laerskoolmeisies swanger. Dit is so erg dat hulle nou kondome vir laerskoolkinders wil uitdeel. Is dit ook so in Italië?
Kom ons speel dit soos jy dit speel: Alles wat jy sê in Europa verkeerd is, kyk ek of ek iets soortgelyks in Afrika kry.
Jy sê daar is korrupsie in Italië. Huh, donner ou (jou woorde), lees jy nie Suid-Afrikaanse koerante nie? Hier is ook korrupsie. Hulle het nou die dag byvoorbeeld 1016 (dis reg, een duisend en sestien) amptenare gevonnis. Daar is blykbaar R20 MILJARD weg maar hulle het darem al R18 miljoen teruggekry (of so-iets want daar is nog 'n duisend of wat amptenare waarteen aanklagte hangend is en nog). Dit vorder; nog net negentienmiljard-negehonderd-twee-en-tagtig-miljoen rand is uitstaande.
Ook is daar 'n halfdosyn of wat, miskien meer, amptenare wat MET VOLLE salaris tydelik geskors is, hangende die uitslag van die korrupsie-ondersoeke teen hulle. Sommige sit al meer as 'n jaar by die huis en kry nog elke maand 'n vet tjek. Is dit in Italië ook so?
Jy praat van die aanklagte teen Berlusconi; het jy geweet daar is ook 'n paar hangende sakies teen Zuma? Jy maak ook groot gewag van Berlusconi se seksuele misdrywe. Teken Italiaanse spotprenttekenaars ook vir Berlusconi met 'n stortkop op sy kop? En is Berlusconi ook getroud met meer as een vrou; laat hulle sulke goed in Italië toe?
Jy sê hulle stig brand en gooi klippe in Europa. Huh, donner ou, lees jy nie die Suid-Afrikaanse koerante nie? Hier gebeur dit elke tweede dag omtrent. As jy dit nie in die koerant sien nie, luister maar na die verkeersverslae. Daar gaan omtrent nie 'n dag om nie wat die mense gewaarsku word om nie hier of daar te ry nie want motoriste word onder die klippe gesteek en die paaie is versper met brandende bande. Is dit in Italië ook so; en dans die Italianers dan ook in die pad om die brandende bande?
Jy praat van misdaad in Italië. Dis nog niks, hier gaan dit al so erg die polisie kan nie meer byhou nie; Zuma smeek al die publiek om te help met misdaadbekamping. Vra die Italiaanse regering ook vir die Italiaanse publiek om te help met polisiewerk?
Jy praat van die arm mense in Italië sonder elektrisiteit. Huh, donner ou, weet jy ooit wat hiér aangaan? Hier is nie net die arm mense sonder dienste soos elektrisiteit en water nie maar ook die meer gegoedes wat daarvoor BETAAL want hier is meer as 50% van die dorpsrade disfunksioneel – daar ís nie meer dienste nie. Is dit ook so in Italië dat betalende mense nie dienste kry nie EN hulle mag nie betaling weier nie? Die nie-lewer van dienste is teen die wet maar, van die munisipaliteite, is kwytgeskeld van daardie wet! Is dit in Italië ook so; dat jy moet betaal vir dienste wat jy nie kry nie en die oortreders kom skotvry daarvan af want die regering beskerm hulle? En die munisipale amptenare kry nog steeds hul salarisse as vergoeding vir NIE-lewering van dienste (en hulle reeds obese speknekke word nog vetter van niksdoen). Is dit in Italië ook so?
Die arm mense in Afrika sou nog swaarder gelewe het was dit nie vir die aalmoese vanuit Europa nie. Help jou wonderlike mense van Afrika ook die arm mense in Europa, soos die armes in Italië waarvan jy praat, met aalmoese?
Praat die Italiaanse regering ook, soos hier, van die HERSTEL van die skolesisteem, hospitaaldienste en etiese waardes? Met ander woorde, erken die Italiaanse regering ook dat hulle verantwoordelik was vir die verval van hospitaaldienste, die skolesisteem en etiese waardes?
Jy praat 'n klomp stront Williams; jy praat net omdat praat praat is. Wat jy en jou maatjies reggekry het was om 'n wonderlike land op te fok. Julle het die onderwys opgefok, julle het watervoorsiening opgefok, julle het elektrisiteitsvoorsiening opgefok, julle het die Buro vir Standaarde en die WNNR opgefok, julle het vervoer opgefok en dus die paaie ook, julle het die Afrikaanse skole, kolleges en universiteite opgefok, julle het teater opgefok, en die simfonie-orkes, en die spoorwegstasies, en die parke, en die polisiediens, en die weermag (net gister weer het 'n lid twee ander doodgeskiet) en die kunsgalerye, en die plase en boerdery, die kredietwaardigheid van en beleggings in die land, alles het julle opgefok.
Dit is nou net wat betref van die groot goed, die lys is baie langer as dit, gaan kyk maar in die koerante (selfs gegewe die feit dat hulle taamlik eufemisties met die gemors omgaan). Op mikroskaal het julle net so flink presteer. Julle het studentelewe opgefok, julle het piekniek en windowshopping opgefok, julle het die Randse skou en die Pretoriaskou opgefok, julle het die landkaart opgefok, julle het die straat- en dorpname opgefok, en draf, en fietsry, en openbare swembaddens, en klubs, en kroeë, alles, alles.
Julle het van 'n eerstewêreldland 'n piesangrepubliek gemaak.
Jan Rap