My liefste R ...
Ek mis, mis, mis jou.
Jou passie en jou warmte, jou lyf en jou asem in my nek. Ek wil jou ’n heerlike Valentynsdag toewens, maar ... dis sonder my. Want jy is ver op soveel vlakke.
En ek alleen soos nooit tevore.
Wat ons gehad het, was kortstondig maar onvergeetlik. Weet dit. Soos die wete elke dag met my is.
Anoniem