Vakature: Lektor/Senior Lektor in Afrikaans en Nederlands by Noordwes-Universiteit

  • 0

NOORDWES-UNIVERSITEIT (POTCHEFSTROOMKAMPUS)
FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE
SKOOL VIR TALE
VAKGROEP: AFRIKAANS EN NEDERLANDS
VAKATURE: LEKTOR/SENIOR LEKTOR

PEROMNES: A8/A7
POSNOMMER: PC08221

DIE DOEL VAN HIERDIE POS

Onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde (in die besonder prosa en poësie)

Verantwoordelikhede:

  • Onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde: voor- en nagraads
  • Navorsing in en oor die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde
  • Nagraadse studieleiding
  • Moontlike onderrig van filmstudie, asook kinder- en jeugliteratuur

Minimum vereistes:

  • Toepaslike MA-graad (Lektor), PhD (Senior Lektor)
  • Een tot drie jaar onderrigervaring van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde
  • Een tot drie jaar administratiewe ervaring in ’n akademiese omgewing
  • Uitstekende taalbeheersing
  • ’n Sterk navorsingsingesteldheid en goeie navorsingsvaardighede
  • Gevorderde literêr-teoretiese kennis en agtergrond
  • Goeie onderrigvaardighede en kommunikasievermoë
  • Kennis van nuwe en innoverende onderrigmetodes, multimedia en klaskamerpraktyk
  • Rekenaarvaardigheid in MS Office, internet en e-pos
  • Goeie menseverhoudinge, en goeie organisasie- en administratiewe vermoëns
  • Die vermoë om goeie kliëntediens te lewer en goeie tydsbestuur te handhaaf
  • Demonstrasie van taalvaardigheid sodat daar optimaal gefunksioneer kan word in die onderskeie meertalige omgewings van die NWU

Aanbevelings:

  • Publikasie in geakkrediteerde tydskrifte
  • Kongresdeelname

Totale vergoedingspakket: Lektor (A8): R333 309–R444 371 per jaar; Senior Lektor (A7): R417 244–R556 285 per jaar – werkgewerbydrae ten opsigte van byvoordele hierby ingesluit.

NAVRAE: Prof WAM Carstens, 018 299 1552 / Me JW Schutte, 018 299 1493

SLUITINGSDATUM: 5 September  2014
DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2015, of so spoedig moontlik daarna

VOORDELE: Aantreklike studievoordele sowel as die normale byvoordele geld.

VIR AANSOEKVORMS: Kontak die Departement Mensekapitaal by tel. 018 299 4961, of stuur ’n e-pos aan recruithr@nwu.ac.za.  Aansoekvorms is ook by kamer G25 of G27, C1-gebou, Institusionele Kantoor beskikbaar. Voltooide aansoekvorms moet óf by die Departement Mensekapitaal op die kampusse ingehandig word soos op die aansoekvorm gespesifiseer word, óf per e-pos gestuur word aan recruithr@nwu.ac.za, óf aan 087 231 5515 gefaks word.

Die Universiteit onderskryf en pas die beginsels van die Wet op Gelyke Indiensneming toe en is verbind tot transformasie.

Alle aansoeke sal in terme van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting geprosesseer word.

Besoek die Skool vir Tale se webwerf

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top