"Vaders van ons vaders" deur Johann P Boshoff

  • 0

 Vaders van ons vaders

Vaders van ons vaders,
op wieke van my lied
vlieg vrae uit my mond na u
van onder rots en gruis:

vrae oor verkeerdheid,
van herwaarts of derwaarts,
bly net hier waar ek dan nou is
of gaan waarheen u roep.

Helder styg u stemme
uit dieptes, uit die grou
grond donker bo-oor grafte op:
gaan huis toe kind, jou huis.

O, vreugde van die vrede van die vaders!
Eindelik huis toe. Huis toe. Ek gaan huis toe!

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top