uitwissingswet’nskap

  • 0

Miljenjum Drie Homo Sapiens Sapiens, Plan reg voorhand,
Lewe Twee Lewe, wou Mens, ma net, Self duid’lik v’rsjewe,
“Duiw’lspiek”-siek, “ras”, “klas”, segr’gasie, opsy t’l’t staan,
t’lat gaan, alles ultra-g’wet’nloos-wet’nskaplik-destruktief

oppe dissiplien-punt, van ord’, Mens maak Sélf eie vyand,
niemand glo aan toestemming, vir oorlog, inne nuwe land,
mede-Mens, Naast’, t’degradeer, van “Eerste”, tot “laaste”,
woed struktuurg’weld woed’nd voort, God Laat’t ma’ gaan

serieus, tans, Miljenjum Drie, Mens t’doen mette krisis,
kapitaalpapsaklikes steur hul nie eens aan g’skied’nis,
p’rbeer aaire, mede-Mens, so cheap moontl’k yt t’wis,
filosofie van oorlogsekonomie Facebooklik t’projekteer

wil Mens als b’sit, meer b’geer, magsugtig mag b’heer,
Self-destruktief onkund’-ontkenningskund’ transponeer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top