SêNet-briewe | Letters

 
'tuisland' Stellenbosch?
Dit was blatant vermetel al die jare, dat 'Stellenbosch' hulself as 'akademiese bakermat' in SA voorgehou het. Hul tipe 'anglikaanse' tradisies van Britse edelman/Franse Hugenoot 'koninklike adel' was blatante bullshit vir dekades. 'n Van in SA, wat met 'n verduideliking kom waarom dit nou anders is as oorspronklike Europese vorm, verdien baie rooi ligte en baie vraagtekens. Solank 'n van op 'google' in oorspronklike vorm bestaan, is die kanse groot dat 'krotoa' nie in voorgeslagte was nie!

Afrikaanse Stellenbosch voorstedelike legendes oor herkoms en status, het nie 'n plek in die res van SA-Afrikaners se lewe nie. Vir al die aangetroude familie daar, ek dink jul weet die waarheid. As die 'Broederbond vesting' nou voor aanslag van 'nuwe SA' in die skaduwee van Pappegaaiberg geval het, “living in the promise land” - Willie Nelson, dis waarvoor jul strewe. Ons voorstede loop al van 'demokrasie' deur. Noudat jul wingerde brand, het onredelike realiteit van Bolandse 'marikana' jul ook getref. Die ideaal van 'nuwe SA' is dalk nie meer so vol 'jammersê' nie?

Hans Richardt

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address