Klink my jy het Bengals of baster Bengals, Hans. Soek hulle op google, jy sal sien elke liewe ding wat jy noem is ’n bengal kenmerk. As hulle patrone van die kolle eerder horisontaal as vertikaal is, is dit beslis bengal bloed. ’n Gewone tabby se patroon sal eerder vertikaal, maw rondom die pensie wees, pleks van kop tot stert rangskikking. Ek maak tans ’n werpseltjie bengals groot, en glo my, dit was ’n word-wakker-ondervinding! Hulle gooi alle katreels wat ek ken, by die venster uit.
Dis die hoofoorsaak van al die probleme op aarde, maar dit word misgekyk, of doodgeswyg, dalk vir politieke of godsdienstige redes word daar min oor gepraat.