’t wassie “Azania”

  • 0

weet niemand, as sodanig, wat dees stuk land se naam,
sosio-geografies, historio-polities, planeetkundig, was,
daai tyd, niemand al b’wus, van sjatan se “ras”, “klas”,
inkommerg’sindes, Self-verblind’ndes, steeds so skaam

kolonialisme, imperialisme, nie totte “kleur”, “geur”, beperk,
min wat v’rstaan, hoe regressief struktuurg’weld rêrig werk,
Vrijheid, nie fiksie, blote teorie, illusie, nie naby naastenby,
al val Azania, geskied’nis aan, in, Storie van Mens t’k’n kry

leg “Azania” nog vreemd oppie tong, ongemaklik, as opsie,
spinchirurg, versie an’t ytwurg, illeg’tiem, “vrij van blaam”,
willie sose rekkie oppe ‘Op’ gattie, Pad glattie al g’trappie,
déjà vu, clairvoyage, reis, binne Skeppersgeheelbeeldraam

“Moeder”, altyd mette hoofletter b’lig, in elk opsig Heilig,
groot-“O”-onnerwerp, nessie groot-“G”, ja, Gewetensplig

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top