struikelblokke skep werk

  • 0

indien Mens m’t “isiBhulu” as moertaal,
besig, m’t Self-destruktiwiteitsb’dryf,
in essensie van struktuur g’inkorporeer,
“noodsaaklikheid”, b’staan maak, leef,
mosse stryd - ontwyking van waarheid

Self Self sodanig takseer, as multi-talig,
verteenwoordiger, draer, aan-, oorleerder,
van taal, vreemd of nie, mettertyd b’kend,
glad-oppie-tong, ampt’lik of nie, linguïsties,
Mens mossie verwys na “Boesmanniaans”,
as daar lankal nie meer /Xam innie land,
behalwe op landswapen, ampstaf t’sien,
waarneembaar, visueel identifiseerbaar,
amptelik herkenbaar is, Mens moet erken,
skoorvoetend, nederig sal moet t’kenne gee:

in eenheid, samewerking, lê Mens se krag,
diversiteit bring lig vir dié wie lig wil trag,
al is voorouerlied al dof, g’demp, so sag,
vat Mens, Vader, wat Mens Self, graag,
sou wou hê, Self sal wil sien, of ervaar,
hoe Mens, mede-Mens, Naaste, sowaar,
Self medemenslik agter ubuNtu skaar,
ver buit’ “Duiwelspiek”-aanbidderslaer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top