Staking van die Poskantoor

  • 1

Hoe is dit moontlik dat die Poskantoor so baie stakings kan hê? Die staking het al van die begin van Februarie begin en gaan steeds voort. Niemand weet wat die werklike rede is nie en blykbaar is die staking onwettig. Stakings het ook middel en einde laas jaar plaasgevind en paspoorte en dokumente wat tóé met geregistreerde pos gestuur is, is steeds soek.

Bitter min inligting oor hierdie staking is beskikbaar in die koerante, en ek dink nie die werkers weet eens self waaroor hulle staak nie. Persoonlik dink ek die poskantoorsisteem is besig om in duie te stort. Stilletjies sodat niemand moet agterkom nie omdat dit heel moontlik geprivatiseer gaan word. Ek kan my net voorstel watter vet katte hierdie keer in die “poundseats” gaan wees.

Maya

  • 1

Kommentaar

  • Ek het ook al aan koerante geskryf om iets te publiseer oor die huidige staking by die poskantoor se versendings-depot (Tshwane Hub)?  Daar is byna geen mediadekking nie en dit lyk nie of daar enigsens openbare druk op die poskantoor geplaas word om die kwessie op te los nie.  Hulle eie webblad bevat 'n persverklaring dat die staking 'onder beheer' is en dat hulle alternatiewe planne het om ontwrigting te beperk.  Intussen wag ek al 2 weke vir 'n pakkie wat by Tshwane Hub lê, sonder enige aanduiding wanneer ek dit ooit gaan ontvang.  Dit is die swakste kommunikasie denkbaar aan die publiek - ek kan nie glo dat die poskantoor so optree en die media ook nie hieraan aandag gee nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top