Dis hoogtyd dat iemand Kobus ernstig opneem!
Mooi so Ou Gay Man
Gay Ou Man,
Hier gaan ons al weer!
Rom: 1:26–28: “ Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in teen-natuurlike omgang. Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hul perversiteit. En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.”
Rom: 13:13-14: “Ons moet welgevoeglik lewe soos dit in die daglig hoort. Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie. Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie.”
Dink jy ek veroordeel jou? Glad nie – ek haal eenvoudig uit die Woord van God (die Waarheid) aan. Jy sien God as Skepper, ken die mens as skepsel. Dank daarom ook aan God ons Vader vir Sy genadeversoening en redding wat Hy bewerkstellig het, in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus, ons Verlosser en Saligmaker. Alhoewel ons almal sondaars is, is ons wat ín Christus is vry omdat ons in die eerste plek ons sondes erken het, dit bely het en God se Genade in Christus aangemeem het. Ja-ja ons is sondaars, maar ons misbruik nie ons vryheid in Christus om te bly sondig nie.
Dit maak ons nie engeltjies nie en kwalifiseer ons glad nie om oor jou of ander te oordeel nie. Maar ek wys jou net tereg omdat jy struikel in jou onkunde oor wat sonde is en/of jou optrede só rig om jouself gekose weë in sonde te probeer selfregverdig.
Hou asseblief daarom op om die Here se Naam by jou eie gekose on-natuurlike liggaamlike begeertes in te sleep – jy mislei net jouself – God maak nie foute nie!
Sterkte
Dolf
Ek moet erken dat my bediening aan gays nogal tricky is. Wat my help is weereens die besef dat die mens drie-dimensioneel geskape is. Ek sal dus eers intensief kyk na al drie hierdie fasette van die mens, voor enige oordeel.
Gay-geit sit vas in een van die volgende vlakke. Die liggaam, siel of gees van die mens. Behandeling van die eerste dimensie is ek nie kenner, maar weet dat dit so werk:
Indien die probleem fisies van aard, was die kind miskien tweeslagtig gebore. Indien baba selfs duidelik 2 geslagte dra, mag die dokter besluit watter die maklikste is om te verwyder. Verkeerde oordeel hier, genereer vele trauma. Hier glo ek dat ’n operasie die probleem weer kan regstel.
Indien probleem in die sielsvlak sit, en sielkundig van aard is, kan oorsake veelvuldig wees. Erge verwerping vanaf ’n ouer, vorige oorheersende dominerende huweliksmaats. By dames speel verkragting nogal groot rol, wat maak dat hulle mans haat.
Indien dit gesetel sit in die gees van die mens mag die fetus dit in baarmoeder ontvang het, vanaf moeder of haar eenwording met vader wat so probleem dra. Gees trek gees aan.Onder verkragting mag ’n party ook die verkeerde gees van die verkragter ontvang.
Weereens ’n onderwerp om nie ligtelik op te neem. Jesus is lief vir alle mense. En wil dat almal ’n gelukkig lewe leef. Om saam met ’n gay persoon ’n pad te stap, is nie maklik nie. My voorstel is, los die oordeel, verstooting en preke. Wen deur liefde. Jesus het nie verniet vir hulle ook kruisdood gesterf nie.
Daar is niks fout met Dolf se mening hierbo nie, hy verklaar net die morele waarde van die skrif en stel duidelik dat hy nie veroordeel. Godgegewe riglyne is daar om die ‘self’ te beskerm, wat die hoofdoel van enige skrif is.
Trienie
"Dis duidelik; dit wat jy om jou sien en aan ander toedig, is inderdaad 'n refleksie van jouself."